Die Erfenis

In die Wakis

'n Publikasie uit die gemeente

Oneindig groot en kosbaar is die Skatte en die rykdom van God se Woord! Hierdie kosbare bedieninge van Sy Genademiddele, kan die natuurlike mens nie bereken nie. Om iets hiervan te begryp, moet ons, deur die krag van Sy Woord en Gees, van ons sonde en ons ongeregtigheid oortuig word.

“Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”
— Romeine 11:36

Die Metafoor van die Lyndraad

Wanneer ek nou as 'n eenvoudige boer, hierdie suiwere Leer in die Lig van God se Woord oordink, sien ek in my geestesoog, 'n treffende ooreenkoms tussen die daaglikse bedrywighede van die landbouer en die wonderdade van ons hemelse Vader.

'n Getroue landbouer voed en versorg sy skape... hy span 'n lyndraad tot hulle behoudenis. Hierdie lyndraad is 'n sigbare skeidslyn, om sy skape af te sonder. In hierdie lyndraad sien ek die Grootheid van God se Verlossingswerk in Jesus Christus.

Tussen hierdie Ankerpale staan daar verskeie trekpale, oor 'n lang afstand deur die eeue heen! Dink maar aan die trekpaal van die Waldense, die trekpaal van die Reformasie op 31 Oktober 1517, en ons geliefde vader Smytegelt.

Laai die voorwoord uit bundel af

Hierdie Preekbundel dien tot beskutting, beskerming en bewaring van Sy kudde.

LAAI VOORWOORD UIT PREEKBUNDEL AF (PDF)

Verdere Studies