Geliefde gemeente, wanneer daar oor die kategismus gepreek word, dan hoor ons dat sekere mense sê dat dit nie reg is nie. Baie vroom word dan gesê dat hulle kerk, toe gaan om die Woord van God te hoor en nie om te luister na die verklaring van 'n boek wat deur mense opgestel is nie. Hulle verklaar .dan dat hulle heeltemal genoeg het aan die Bybel en daarom eintlik suiwerder staan as ons. Dit wil dan ook voorkom as of hulle gelyk het, maar by nadere ondersoek blyk dit egter dat hulle op die dwaal spoor is. Want die kategismus is nie 'n boek naas die Bybel nie; inteendeel, alles wat in die kategismus staan kom uit die Bybel. Die kategismus is een van die belydenisskrifte van die kerk. Die Woord van God is so oneindig ryk en diep dat elke gelowige afsonderlik nooit die rykdom van die Skrif kan deurgrond en peil sonder die hulp van medegelowiges nie. Daarom is die kategismus 'n hulpmiddel om die Woord van God reg te verstaan, want daarin is, soos in aIle belydenisskrifte, saamgevat die vrug van die worsteling van die kerk deur die eeue heen met die Skrif om die ou goud daaruit op te diep.. Daarom kan ons die kategismus vergelyk met 'n landkaart. As ons ons eie land wil bestudeer, dan maak ons dankbaar gebruik van landkaarte wat deur navorsers opgestel is nadat hulle die hele land opgemeet het. Dit sou tog onmoontlik wees vir elkeen om van nuuts af weer die land fe gaan opmeet. Die landkaart gee egter aan ons koers. So is die kategismus ook as 't ware 'n landkaart van die Woord van God. En nou weet ons dat niemand ooit so dwaas sal wees om die landkaart aan te sien vir die land self nie. Immers die landkaart lei altyd weer terug na die land. So lei die kategismus ons ook weer altyd terug na die Woord van God en leer ons ook hoe ons die Woord van God moet verstaan
Die kategismus is egter nie net 'n leerboek nie, dit is ook 'n troosboek. Daarom, wanneer die kategismus begin, dan gaan staan dit ook midde in die lewe van ellende, moeite en stryd. Daarom begin dit met die vraag wat die mensdom maar elke dag besighou, nl. die vraag na troos. Want wie kan ontken dat daar veel in die lewe is wat beangs, wat verontrus en wat smart veroorsaak? Hoeveel waaroms en probleme is daar nie? Daar is eerstens die groot probleem van die lewe self. Die mens word gebore, groei op, ondergaan lyde en smart, en eindelik gaan die graf oop en daarin verdwyn die mens. Dit is alles so 'n ystere kringloop. En by die oordenking van hierdie droewe verskynsels, kom daar troosteloosheid in die hart 'n gevoel van vergeefsheid? Waar vind ek 'n ruspunt, waarop kan ek bou in die lewe? Dit is daardie vraag waarmee die mens besig is, wat die kategismus as't ware uit die hart uithaal, en teenoor daardie groot troosteloosheid wil hy die ware troos stel, dit wat weer 'n gevoel van sekerheid gee, wat weer sin gee aan die lewe wat anders so ydel en vergeefs lyk. Dit is die antwoord van die eenvoudige, kinderlik-gelowige wat egter ook spreek van ryke geloofservaring: My troos in die lewe is dat ek die eiendom is van Jesus Christus; ek behoort aan my getroue Saligmaker. In hierdie antwoord word dus saamgevat wat ons aan ons godsdiens het. AlIe belangrike leerstukke van die Woord van God is in die antwoord opgeneem maar almal word hier vanuit die gesigspunt gesien dat hulle saamwerk om aan ons troos, sekerheid en rus te skenk. Die middelpunt van die hele antwoord is: Ek is die eiendom van Jesus Christus. Alles wat verder nog in die skone antwoord gesê word, is dan ook niks anders nie as net uitvloeisel van hierdie grondwaarheid. Teenoor alles in die lewe stel die kind van die God dit: Ek is die eiendom van Jesus Christus. Hierdie troos word nou aan ons geteken in die volgende:
a) In die menslike lewe is daar veel wat ons smart. AlIes kan saamgevat word in die woord "sonde". Wat is sonde dan? In die, eerste plek raak dit ons verhouding teenoor God en dan is sonde skuld. As gevolg van die verkeerde verhouding teenoor God word ons siel ook ontwrig, en daar neem die sonde dus die vorm van smet aan. Die sonde werk egter ook deur in ons liggaam en daarom is die uiterlike openbaring van sonde die ellende. Daarom bring sonde dood vir liggaam en siel, tydelik en ewig, ja dit bring die dood vir alles in die wêreld. En wat troos ons wat so in die bande van sonde gevang is nou? Met spanning wag ons op die antwoord. Luister dan: Ek is die eiendom van Jesus Christus. Die vraag wat dadelik opkom is: kan dit werklik troos? Lyk dit nie net maar na 'n verandering van heer nie? Kan dit nou werklik troos as ons soos slawe gebind is aan Jesus Christus? Hiervan wil die wêreldling dan ook niks weet nie, want hy wil niemand se slaaf wees nie, maar hy wil sy eie baas wees, want hy dink dat vryheid dieselfde is as om vry te wees van alle bande. 'n Mens moet volkome oor jouself kan beskik. En as die wêreldling nou hoor dat Christen-wees beteken kneg-wees van Jesus Christus, dan ag hy dit geensins voortreflik nie, want dan beteken die diens van Christus die verlies van sy vryheid. Die mens in sy dwaasheid redeneer: ek wil my eie heer en meester wees! Die gelowige bely egter: ek is verlos van die bande van die sonde om die eiendom van Christus te wees. En nou is dit nie dieselfde diens as waarin ek verkeer het nie. Die diens waarin ek nou gestel word, is presies die teenoorgestelde van die waarin ek was. As burgers van 'n land uittrek in die oorlog en hulle word dan krygsgevangenes gemaak, dan is dit vir hulle bitter swaar in die vreemde. As hulle eie generaal nou kom en hy bevry hulle uit die gevangenskap, is dit dan nie verlossing nie? Sou die burger dan sê: ek was in die gevangenskap van die vyand, nou is ek weer in diens by my eie generaal en dit is alles maar dieselfde? Seer seker nie. Net so min sal die Christen sy verlossing uit die bose soos die wêreldling sien. Die mens tog is geskape as dienskneg van God, geroepe om die aarde te bewerk en ook te bewaak teenoor die vyand van God en mens, nl. die Satan. Satan was die mens egter te magtig en het hom krygsgevangene gemaak. Die mens het 'n slaaf van die Satan en van homself geword. En waf het Christus nou anders gedoen as om ons uit die vyandige hande te verlos en ons terug te bring in ons oorspronklike diens; dit wil sê dat ons weer ingelyf word in die strydende magte van God, weer in ons eie vaderland teruggebring word. Maar iemand mag vra: sou dit nie veel heerliker gewees het nie as verloste mense vry was van alle bande en elke diens? Laat ons as antwoord weer die beeld van die soldate gebruik. Wat is heerliker vir die burgers wat in die krygsgevangenskap was as om weer terug te wees in hulle eie land en weer in hulle eie leer te dien? Sou hulle sê: ons wil vry wees en wil niks met ons vaderland te doen hê nie? Ewe ondenkbaar is dit dat die Christen ook sal sê dat hy vry wil wees van Christus. Ja, dit is nog meer ondenkbaar. 'n Mens kan jou tog iemand voorstel wat sonder vaderland wil lewe, maar in die geestelike lewe is so iets heeItemal onmoontIik; want die mens is geen god nie wat onafhanklik in homself kan bestaan, maar 'n skepsel, en daarom is hy aItyd afhanklik van Iemand bo hom. As hy nie van God afhanklik is nie, dan is hy van die satan. Die mens is nie selfgenoegsaam nie. Hy is of gehoorsaam aan God of aan homself en mitsdien aan satan. En nou is daar geen hoër vreugde en eer vir die mens as dat hy wat deur sy eie dwaasheid die gemartelde slaaf van homself en satan geword het, weer bevry is van daardie slawediens en gemaak is tot dienskneg van Christus. Daarom is dit ware vrymaking om van onsself en van die satan verlos te word. Die diens van satan bring oneer en onheil. Dit vloek met die mens se oorspronklike aanleg. Sy diens is lewensbederf en die loon van sy diens is die dood. Maar nou, u is verlos uit die mag van Satan; u staan weer in die diens van God. En hierdie diens pas aan by ons oorspronklike aanleg en in sy diens ontplooi ons heerlikste kragte en talente. Die loon is die lewe, vir liggaam en siel, vir die aarde en die mensheid. Nouweet ons dat hier op aarde die gevolge van die Satansdiens nog nawerk. Die wonde wat ons opgedoen het, doen nog pyn. In krankheid en honger, in ons eie sterwe en die van ons dierbares werk die gevolge van die sonde nog na. In hart en lewe ondervind ons nog so dikwels die nawerking van die sonde. Inderdaad is die leed op aarde nog groot ondanks die verlossing van Christus. Maar teenoor al die smarte bied die eiendom-wees van Christus tog so 'n groot troos. Ons behoort nie meer aan die sonde nie en daarom ook nie meer aan die vloek en die dood nie. In wese het die sonde ons vreemd geword en daarom ook die vloek en die dood. Satan se mag is in beginsel oor ons gebreek, en eenmaal sal dit volkome wees, want ons is diensknegte van Jesus, ja sy onvervreembare eiendom!
b) Maar ons troos is nog ryker. Ons is nie net verlos nie, nee ons ontvang nog veel meer. As die Here ons na ons verlossing weer aan ons self oorgelaat het, wat het dan van ons geword? Waar sou ons weer beland het? Wie is immers listiger as die Satan? Ja, ons weet ook dat hy magtige bondgenote het in die wêreld wat ons omring, en in ons hart het hy die oue mens wat met hom saamwerk. Die Satan doen hom dan selfs ook nog voor as 'n engel van die lig! As ons onsself moes bewaar, dan sou ons reeds lankal verlore gewees het. Maar daar is geen nood nie. Christus het ons nie alleen verlos nie, Hy bewaar ons ook. Deur sy bewarende krag bly ons sy eiendom. Het Hy ons met sy kosbare bloed gekoop om ons maar weer verlore te laat gaan? Wat 'n hoë prys het Hy nie vir ons betaal nie? Elkeen van ons stel groot prys op 'n artikel waarvoor ons veel betaal het. So is die prys wat Hy vir ons betaal het ook die waarborg dat Hy sy reg op ons sal handhaaf. Die sekerheid van die toekoms Iê nie daarin dat Christus ons eiendom is nie, maar dat ons sy eiendom is. Ons het Hom nie vasgegryp nie, maar Hy het ons regterhand gevat om dit nooit weer los te laat nie. As'n kind saam met sy vader oor 'n hoë brug loop, dan sal die kind wanneer hy die dieptes aanskou, vanweë vrees nie meer in staat wees om sy vader se hand vas te hou nie. Maar die vader het sy handvasgegryp en dit maak dat die kind se hand ook weer kan gryp. So ook ons. In dae van teëspoed en stryd dan voel ons dat ons hand ook los; o maar wat 'n salige vertroosting om dan te voel:
U het my regterhand gevat, U sal my lei deur u raad en daarna opneem in u heerlikheid. " Sy bewarende sorg stel ons in veiligheid. Sy sorg oor ons is baie groter as ons sorg vir onsself. Wie van ons let ooit daarop of daar 'n haar van ons hoof val? Maar onse hemelse Vader, wat deur onse Here Jesus handel, tel ons hare en sorg vir elkeen. Geen haar kan van ons hoof val Sonder sy wil nie! Daarom weet ons dat wanneer leed en teleurstelling ons tref, alles noukeurig bereken en bepaal is. Die Here gaan nooit onverskillig met ons leed en smart om nie. Dit kom nie oor ons as 'n mag wat buite Christus omgaan me, maar Jesus self, ons goeie Leidsman, ons Versorger, stuur dit wat nodig is vir ons saligheid. Al die rampe en teëslae is soveel middels waarmee Hy ons vir die saligheid bewaar!
(c) Maar ons Verlosser doen nog meer. Hy het nie net vir ons iets gedoen aan die kruis nie, Hy doen ook iets in ons. Want as ons verlos is uit die mag van die Bose, maar ons hart sou nog nie verander wees nie, dan sou daar seker 'n innerlike verset gewees het teen die feit dat ons nou die eiendom van Chtistus is. Want waar die sonde heers, daar is Christus nie. Maar nou verander Hy ook deur sy Gees ons hart. Hy maak die verlossing ook van krag in ons hart. Hy het nie aIleen die mag van die sonde oor ons gebreek nie, Hy breek ook die mag van die sonde in ons. Hy wil nie alleen reg op ons verkry nie, maar ook mag oor en in ons. Dit is nie genoeg dat ons net sy eiendom genoem word nie, maar deur sy Heilige Gees verander Hy ons ook inwendig sodat ons ook waarlik as sy eiendom leef. Die Gees verlig ons en leer ons die heerlikheid van die diens van God insien. Hy buig ons wil om en verander ons begeertes en luste. God in Christus word ons hoogste goed, die Voorwerp van ons sterkste verlange. Ons smag om deur Hom as sy eiendom beskou te word, met Hom te lewe, Hom te dien, dit word ons lewensgenot. Daarom val die diens van God vir die Christen nie swaar nie. Om met 'n onwillige hart te dien, is onmoontlik, want God vra allereers die hart. Maar Hy maak ons van harte gewillig en bereid om verder vir Hom te lewe! Die Gees verander ons innerlike na die beeld van Christus sodat die eenheidsverlange na God ook in ons hart ontwaak! Ja ons weet hier is dit nog nie volmaak nie. Telkens moet ons nog maar kla: die goeie wat ek wil, dit doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar ek weet dit is maar net vir 'n tyd. In beginsel is die sonde nou al in my gebreek, eenmaal sal dit heeltemal uitgeban wees, want ek is die eiendom van my getroue Saligmaker Jesus Christus! Daarom kan ons elke dag ook weer opnuut die stryd teen die sonde aanbind!
(d) Groot is ons rykdom in Jesus Christus. Wie kan dit ooit ten volle peil! Maar nou is die groot saak nie om net die troos te besit en niks meer nie, om net 'n skat te besit en daarby hou dit op. Die groot kuns is ook om uit die rykdom te lewe. U weet dat 'n gierigaard die kuns nooit geleer het nie. Hy besit nie sy geld nie, maar die geld besit hom. By al sy oorvloed, gaan hy tog ten gronde! So kan dit ook gaan al het ‘n persoon die ryke skat van troos. Daar is mense wat die troos behandel as 'n skat in die argiewe van die kerk, dit is iets moois wat in die vertoonkas in die sitkamer van die lewe geplaas is, maar wat nooit gebruik word nie. Dit is die mense wat hulle belydenis weI glo, maar hulle geloof nie bely en beleef nie, wat nie daardie ryke skat aanwend in die daaglikse lewe nie. Daarom is dit seer seker nie oorbodig nie dat in die tweede vraag in hierdie Sondagsafdeling gevra word na die salige lewe in hierdie troos. In die genade van God word daar nie gerantsoeneer nie. Ons moet ten volle daaruit lewe. Om egter vol daaruit te kan lewe, is daar wetenskap nodig. Dit is egter geen geleerdheid nie, geen boekgeleerdheid nie, maar 'n geheiligde verstand. Die troos kry eers waarlik sy betekenis in ons lewe as ons weet hoe groot ons sonde en ellende is, ten tweede as ons weet hoe ons daarvan verlos word en ten derde hoe ons God daarvoor dankbaar moet wees! Dit is wysheid wat die Heilige Gees ons leer en, hier bly ons leer tot die dag van grysheid. Ja, selfs ook hulle wat verder gevorder is in die geestelike lewe, die bemerk maar altyd weer tot hulle grote beskaming hoe weinig hulle nog van die eerste beginsels weet. Hoe diep die sonde is, peil niemand ooit ten volle nie, hoe groot die verlossing is, kan al die heiliges saam nie uitspreek nie en so min as die bruid kan uitspreek hoe lief sy haar bruidegom het, kan die verloste uitspreek hoe dankbaar hy God is vir die verlossing. Maar tog moet ons iets van die kennis hê. Want hoe sal ons ooit behoefte kry aan verlossing, aan troos, as ons nie ons ellende ken nie; hoe sal ons getroos wees as ons nie weet dat ons verlos is nie; hoe sal ons getroos wees as ons nie weet hoe ons ons dankbaarheid teenoor God moet betoon nie! Nooit kan die een sonder die ander nie! Die stuk van die ellende sonder die verlossing is soos 'n put sonder opening. Altyd moet ons al drie vashou. Die satan poog natuurlik voortdurend om eensydigheid te veroorsaak. Hy Iê of vreeslik klem op die ellende en wil u so tot wanhoop dryf: u het te diep geval; daar is geen hoop vir u nie. Of hy beklemtoon weer die verlossing ten koste van die ellende. Dan laat hy u lig oor die sonde dink. U is tog verlos, waarom kwel u u oor sonde? Moet dit nie te nou neem nie! So wil hy van u 'n ligvaardige mens maak. Of ten koste van die dankbaarheid, sê hy: dit maak nie saak hoe jy lewe nie, jy is verlos. En sodoende kom daar niks tereg van die dankbaarheidslewe nie. Of hy beklem toon weer die dankbaarheidslewe teenoor die ellende en verlossing. Dan word al die klem gelê op die goeie werke. Dit is dan alles en die verlossing uit die ellende is maar 'n bykomende saak. Sodoende dryf hy u weer op die pad van werkheiligheid en gaan die troos ook weer vir u verlore. Daarom as ons gebalanseerd wil lewe, dan is dit altyd weer nodig om aan al drie vas te hou, dan sal ons ook werklik die krag van die troos in ons daaglikse lewe en stryd ervaar!
Amen!
Drie stukke is vir ons nodig om te weet as ons getroos wil lewe en sterwe. Hoe dieper hierdie kennis is, des te dieper sal ook ons troos wees. Hierdie kennis is egter nie blote verstandskennis nie, dit is hartekennis wat ons hele persoon raak en waarmee ons lewe gemoeid is. Watter saak sal dit nou eintlik aan my maak as ek weet hoe groot 'n sekere klip is, maar dit word 'n ander saak as die dokter aan my sê dat ek kanker het. Daardie kennis gryp my dan ook aan. So is ook die geloofskennis. Dit raak my hele bestaan. Hierdie kennis bestaan uit drie stukke, naamlik die kennis van ons ellende, die kennis van ons verlossing en die kennis van ons dankbaarheid teenoor God. Nou moet ons dit egter nie so begryp dat die een stuk in tydvolgorde na die ander kom nie, en dat hulle los van mekaar staan nie. Nee, die "kennis van die drie sake, is gelyktydig en hulle is baie nou aan mekaar verbind. Verdieping in die een bring vanself ook verdieping in die ander mee. En ons ganse lewe deur word ons steeds dieper in die kennis van al drie stukke ingelei.
n hierdie Sondagsafdeling begin die kategismus nou met die leer van ons ellende en dit loop tot en met Sondag 4. Hierdie Sondagsafdeling leer ons die bron van die kennis van ons ellende. Sondag 3 handel oor die oorsprong van ons ellende en Sondag 4 oor die onafwendbaarheid van ons ellende.
Hier word nou die vraag aan die gelowige gestel: waaruit ken jy jou ellende? Vanselfsprekend sal die antwoord van die gelowige hierop anders wees as die van die ongelowige, en wêreldling. Dat daar ellende in die wêreld is, kan niemand ontken nie en daaraan is almal onderworpe. Die beslissende vraag is egter: waar is die oorsaak van die ellende? As die oorsaak gevind is, dan kan daar ook middels beraam word om die ellende te bestry en teë te gaan. Solank daar nie die regte kennis is van die oorsaak van die ellende nie en van die ware toestand van die mens nie, bly alle middels tot redding en verbetering dan ook tot mislukking gedoem. Hoeveel verklarings is daar nie al gegee van die ware toestand van die mens nie? 'n Baie algemene en valse opvatting is dat dit eintlik maar net 'n gebrek aan ontwikkeling is. Met die loop van die jare sou die mens dan al verder ontwikkel en sou geleidelik 'n beter mens verskyn. Maar daarvoor is nodig meer en beter kennis. Hoe meer ons weet, des te minder sal die ellende word en des te gelukkiger sal die mens word. Daarom kan opvoeding die ellende van die mensdom wegneem. Deur doelmatiger onderwys en, deur 'n suiwerder beskouing van die lewe sal dit vir die mens op die duur moontlik word om die kwaad te oorwin en 'n beter Iewe teverwerf! Ander sê weer dat ons beter maatskaplike toestande moet kry. En so word dan wonderlike drome gedroom oor beter sosiale omstandighede en sodoende oor 'n gelukkige lewe. Ander se weer: die mens se liggaam moet ontwikkel word. 'n Gesonde gees in 'n gesonde liggaam! Daarom moet daar baie meer gedoen word aan liggaamsopvoeding! So kan ons voortgaan om die menslike teorieë op te stapel aangaande die ellende van die mens! En tog, na die toepassing van al die teorieë is die wêreld vandag ellendiger as ooit te vore. Die mens se kennis het vandag geweldige afmetings aangeneem, en tog bloei die wêreld uit duisend wonde en gaan daar ‘n gekerm op na die hemel. Twee wereldoorloë in ons eeu het alle idealisme platgeslaan. Die mens is teleurgesteld en het wanhopig geword. Daarom is die gees weer vandag: laat ons eet en drink, want môre sterwe ons! Inderdaad, wie nie die lig van die Woord van God aanskou nie, die gaan in 'n ewige nag onder. Daarom vra die leermeester hier aan ons: waaruit ken jy jou ellende? Dan word die antwoord gegee wat rus op die Woord van God: Dit is 'n eenvoudige en kort antwoord, maar so diep in sy betekenis. Dit is egter die enigste antwoord wat lig versprei in die duisternis en die mens in sy ellende bring tot waaragtige selfkennis. Die wet van God stel die mens, dit stel elkeen van ons voor die aangesig van God en so alleen kry ons die ware selfkennis. Want ons is die maaksel van sy hande. Dit gaan met die wet net soos 'n sonstraal wat in 'n donker kamer inskyn. Wanneer'n kind dit sien, dan dink hy dat die sonstraal die stof in die kamer inbring, maar ons weet dat die sonstraal alleen maar die stof belig wat daar in die donker kamer is wat ons in die donker nie kan sien nie. So sien ons in ons self geen sonde nie, maar as die lig van God se wet in ons harte instraal, dan word openbaar hoe vuil ons van die sondestof van binne is.
Die wet van God nou is die openbaring van die wil van God. Nou weet ons dat God se wette oor alles in die skepping gaan. Vir alles het God sy wette gegee; dit is die manier waarop elke skepsel moet bestaan en lewe. Hy is tog die Skepper van alles en Hy alleen het vir elke skepsel sy lewens- en bestaansmanier neergelê. So is daar die wette vir die sterre, vir die atoom, vir die diere, elk in sy soort, vir die planteryk, maar ook vir die mens in sy liggaamlike en geestelike lewe. Vir elke saak is daar die ordinansies van God en daaraan word die lewe verbind. Solank daar in ooreenstemming met en volgens die ordinansies van God gelewe word, is daar lewe, geluk en voorspoed, maar as die ordinansie verontagsaam word, dan volg verbreking, ellende, verwoesting en dood. Die wet van God is dus die lewensvoorwaarde. lets kan nie op 'n ander wyse bestaan nie as aIleen volgens die wil of wet van die Skepper. Daarom is die wet nie maar iets wat buite ons staan en waarvan ons net kennis kan neem nie en dan maar weer verder kan voortlewe sonder om ons daaroor te bekommer. Die wet van die Here is dus nie net 'n spieël waarin 'n mens jou beeld kan sien nie en dan maar weer kan voortlewe nie. Die wet van God, dit is die geopenbaarde wil van God, is 'n mag waarvan ons nie kan loskom nie. Om dit met 'n enkele voorbeeld te verduidelik. 'n Vis is sodanig geskape dat hy in die water moet bly, as hy wil lewe. Solank as wat die vis dan ook in die water bly, is daar geen gevaar nie en bly hy lewe, want dit is, die ordinansie van God vir die lewe yan die vis. As die vis egter op die droë grond beland, dan word daardie lewenswet nie opgehef nie, maar dit bly 'n krag en 'n mag en juis daarom sterf die vis op die droë grond. Die lewenswet van die vis nl. dat hy in die water moet bly; die wet maak hom dood wanneer hy op die droë grond kom. Die wet word dus nie gebreek nie, maar die wet breek en maak die ongehoorsame dood. En dit is nou die ellende van die vis op die droë grond. So het die Here in die Tien Gebooie vir ons die wet vir ons geestelike lewe neergelê. Dit is egter nou nie net soveel gebooie op papier buite ons waarvan ons maar net kan kennis neem sonder meer nie; nee, dit is die lewensmanier en Iewenswyse wat God ons Skepper vir ons geestelike lewe verorden en bepaal het. Solank ons in ooreenstemming daarmee handel, dan is daar lewe, vreugde en blydskap. Wanneer egter van die wet afgewyk word, dan maak daardie selfde wet wat ons lewe was ons dood. Want nog nooit het iemand die wet van God gebreek nie, maar elke keer loop die mens hom te pletter teen die wet van God. Vir hom wat afwyk van die wet, word die wet die grootste en dodelikste vyand. Want agter die wet is die Here God en Hy handhaaf sy wette elke oomblik. Verset teen die wet is dus niks anders nie as verset teen God. Dit is die diepste oorsaak van ons ellende, daaruit kom al die jammer en die wee voort, ja ook die dood. Die wet word ook nooit opgehef nie en met aIle mag kan ons dit ook nie van ons afskuif nie omdat dit die wesentlike voorwaarde van ons lewensbestaan is. Daarom dring die wet met onverbiddelikheid op die oortreder aan. Dit word vir die sondaar soos 'n monster met oopgesperde kake wat hom wil verswelg. Die wet wat vir die mens die lewe was, het vir die sondaar die dood geword. Daarom, as die wet, tog maar weg geneem kan word, dan kan daar uitkoms wees. Maar dit is onmoontlik, want dan moet God weggeneem word. Die man wat tot die dood veroordeel is, voel die vreeslikheid van die wet. Dieselfde wet wat hom beskerm het, word nou die oorsaak van sy dood omdat hy die wet verontagsaam het. In Jesus Christus leer God ons ook die verskriklikheid van die wet sien wat oortree is toe Hy aan die kruishout genael is! Die wet is daarom 'n geweldige mag en so moet ons deur die genade van God die wet ook meer en meer leer ken.
Ons leer dus ons ellende ken as ons die wet van God in sy geweldigheid leer ken. Ons sal ons ellende nie leer ken as ons onsself met ander mense gaan vergelyk nie. Dan bly ons altyd wonderlik-goeie mense. Hoeveel anders sal die lewe word as ons onsself weer meer en meer in die lig van die wet van God gaan sien. Hoeveel minder hoogmoed en fariseïsme sal daar nie wees nie. Laat ons maar elkeen by ons self begin. Want die kategismus vra nie: waaruit ken julle jul ellende nie, maar waaruit ken jy jou ellende?
Die tweede vraag en antwoord van die Sondagsafdeling bring, ons nou by die vraag: wat is die lewensmanier, die lewenswyse wat God vir die mens in sy geestelike lewe gestel het? Kort saamgevat kom die antwoord daarop neer dat die mens moet liefhê, God bo alles en die naaste soos jouself. Liefde is dus die groot lewenswet van die mens. Die Kategismus gee, hier nie elkeen van die gebooie afsonderlik nie, omdat die wet hier in sy eenheid, en sy kern aan ons voorgehou word, sodat dit innerlike beslag, mag kry. Dit moet egter nooit by ons die indruk wek nie dat omdat die wet hier as liefde gestel word, dit daarom minder streng is as die Tien Gebooie in sy besonderhede. Immers ons is so geneig om die gebooie van die Here as soveel losstaande verordeninge te beskou wat eintlik niks met mekaar te doen het nie. En dan troos ons onsself daarmee dat solank ons nog nie iemand vermoor het nie of iemand se goed gesteel het nie, ons nog onskuldig is. Solank as wat ons ook maar uitwendig die pligte nakom, dan is dit mos weI met ons. Die gevolg is dan dat ons in 'n soort gerustheid verval. Luister maar hoe die ryk jongman gesê het: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Hy het homself dus as volmaak beskou en gereken dat hy daarom reg het op die ewige lewe. Dit is die fariseïstiese standpunt wat aIleen na die uitwendige kyk, maar nie na die 'hart nie, en dit is 'n sonde waaraan ons ons ook dikwels skuldig maak. Uitwendig was daar niks aan te merk op die jongman nie, want hy het alles nagelewe. Maar dit is nie waar die wet van God u raak nie. Die lewenswet gaan nie op in uiterlike pligpleginge nie. Daarom het Christus ook vir die jongman gesê: Een ding ontbreek jou - gaan en verkoop alles wat jy het en verdeel dit onder die armes en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier en volg my. En daarmee het Christus die gesindheid, die innerlike gesteldheid van sy hart aangeraak. In sy hart het die liefde vir sy besittings en vir homself oorheers. Daar in die binneste van die hart moet die wet sy beslag kry. En dit is wat die kategismus hier doen as hy die wese van die wet, van ons lewensmanier aan ons voorhou as liefde. So bring die eis van die liefde ons tot onsself, en stel ons voor God. Die strenge eis is: liefde tot God en liefde tot jou naaste. En dit moet nie net maar 'n vroom gevoel wees vir 'n oomblik nie, of 'n vrome gedagte af en toe aan God en ons naaste nie, maar, dit moet die beheersende beginsel van ons ganse lewe wees, afgesien daarvan wat u ouderdom is. So moet dit wees vanaf u eerste ademtog tot in aIle ewigheid. Ook mag dit nie 'n geleidelike toeneem in die liefde wees of 'n poging om die ideaal te bereik nie. Die mens wat homself wil verlos die redeneer so dat God darem die goeie poging in aanmerking sal neem. As ek maar net my bes gedoen het! Nee, so is dit nie. Jy moet God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met jou hele verstand en met jou hele krag. Volmaakte liefde moet daar heers in ons hart elke oomblik van ons lewe. Dit is die lewenswet wat God vir ons siel gestel het. Daarom het u nog glad nie volgens die wet gelewe as u nie u naaste doodgeslaan het nie of nog nie openlik gesteel het nie. Die lewenswet van God is veel meer: u moet elke, oomblik van u lewe 'n liefdelewe lei.
Dit is die lewensmanier wat die Here vir ons gestel het. Dit is die hoë adel van die mens se siel dat hy God mag liefhê bo alles en sy naaste soos homself. Dit is ook die wil van God vir elkeen van ons, nie een uitgesonderd nie, oud of jonk, ryk of arm. En nooit word hierdie eis verswak nie en nooit word die eis versmaad sonder rampsalige gevolge nie. Nooit mag ons egter goed doen net om van die straf vry te kom nie, maar u moet God liefhê omdat dit die hoogste begeerte in u lewe is om een met God te wees. Met jou hele hart, met jou verstand, met jou hele krag! Dan sal ook die naasteliefde reg wees! Siedaar die adel van die mensesiel soos God dit geskape het en nog altyd verlang dat dit moet wees!
Maar nou kom die vraag: Kan jy dit alles ten volle onderhou? Hoedanig is dus u lewensmanier? Is dit volgens die wil van God soos Hy dit in sy wet aan ons geopenbaar het? Met skaamte bely die gelowige wat deur die Gees van God geleer is: Nee, want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat. Dit is die smartlike en vernederende ervaring van elke gelowige. Solank as wat ons ons toets aan menslike norme, aan die publieke opinie, solank ons ons vergelyk met ons medemens, dan is ons nog goeie mense, maar wanneer ons, deur die Gees van God geleergestel word teenoor die lewensreël wat God vir ons neergelê het, dan is die vernederende ervaring: Ek is 'n hater in myself. In my lewe heers die teenoorgestelde beginsel as wat daar moet wees: haat in plaas, van liefde. So antwoord die gelowige en dan is dit nie net met die lippe nie, maar sy droewe lewenservaring. En wat die, belydenis nog soveel sterker maak, is die woorde: van nature. My ganse wese is sodanig. En wie, kan sy wese verander? Wie het beheer oor die diepste roersele van sy hart? Teenoor die helderheid en heerlikheid van die lewensmanier wat God van ons eis, is u en my lewe in homself 'n groot donker nag! As die Here sy genade aan my ontneem, dan is my ganse wese net haat en nyd. Laat ons tog aan hierdie waarheid vashou en nie dink dat dit oordrewe is nie. Immers so sê die Woord van die Here: Hulle keel is 'n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie en die weg van vrede ken hulle nie. (Rom. 3:13-17).
Bevestig die hele wêreldgeskiedenis nie aan ons hierdie ontsettende waarheid nie? En is die leuse van die kommunisme, wat die sterkste ontplooiing van die ongeloof is, nie woorde: Haat almal as jy vooruit wil gaan! Maar nou is die kommunis nie net in Rusland nie, maar van nature is ons amal kommuniste, met die geloofsbelydenis van die haat in plaas van die liefde! Baie mense sê dadelik aan ons dat dit nie so erg is nie. Daar is nog soveel goeds in die lewe en soveel liefde. Laat ons egter onthou dat dit alleen maar die algemene genade van God is wat die roofdier in die hart van die mens nog teëhou. Die algemene genade is soos die tralies wat die roofdier vaskeer. Maar as dit vir 'n oomblik sou weggeneem word dan skiet die roofdier uit die hart en verslind net waar hy kan. Het u al opgelet dat mense nog goed is solank u hulle nie teestaan nie, of solank hulle nie deur God beproef word nie. Maar wat gebeur wanneer God ingryp met sy oordele? - hoe kan die haat dan nie opvlam in die mens se hart nie? En solank ons ons medemens kan gebruik, gaan dit goed, maar hoe makIik vlam die haat nie op wanneer hy nie meer 'n dienaar wil wees van my eie gekroonde "ek" wat dan altyd reg is.
As ons tog maar onder die besef van ons diepe verdorwenheid wil lewe. Want dit is ons groot ellende, ook van ons tyd dat daar geen sondekennis en sondebesef meer is nie? En wanneer u die diepte van u ellende leer ken en die pyn van u gewete voel, dan moet u nie wanhopig word nie, maar wees dan dankbaar! Want dit is dan 'n teken van God se genadewerk in u, anders sal u uself nooit kwel oor die sonde nie! Maar weet dan ook dat Christus die vloek wat op u gerus het, gedra het. Van uself is daar geen heil te wagte nie, maar alleen van die genade van God in Christus wat die wet wat u wil vermoor in al sy verskriklikheid op Christus laat neerkom het. Christus self het weer volmaak gelewe volgens die lewensmanier wat God vir ons bepaal het. Nie net vir Homself nie, maar ook in u plek. Ja Hy het ook die straf gedra vir u verkeerde lewenswyse.
Die gelowige mag dan nou ook bely: Ek is van nature geneig. Dit is my natuur! Maar deur die genade van God vind ek egter ook nou reeds, al is dit in beginsel, 'n ander wet in my, wat nie uit myself opkom nie, maar wat God aan my skenk! En daarom bid die gelowige altyd weer: Neig my hart, wat tot die sonde neig, tot die vrese van u Naam. Daarom verlang die gelowige ook na die dag wanneer die woorde in volle vervulling sal gaan: Kyk, Ek maak alle dinge nuut!
Amen!
Geliefde, gemeente, die vorige Sondagafdeling het ons geleer dat ons uit die wet van God ons sonde leer ken. Die slotsom waartoe die wet van die Here ons gebring het, is dat ons van nature geneig is om God en ons naaste, te haat. Ons is nie alleen boos nie, maar ook verkeerd. Ons is nie alleen afkerig van die lewensmanier wat God in sy wet aan ons voorhou nie, maar daar is doelbewuste verset teen die lewensmanier. Die uitgange van die lewe is nie liefde nie, maar haat!
So teken die Woord yan God die mens! Vir die hoogmoedige sondaar is hierdie kennis vernederend en daarom soek hy al dadelik 'n uitvlug, al is dit net in sy hart. Dit is eie aan die sondige mens om homself altyd te probeer verontskuldig. Adam het die skuld eenmaal op Eva gewerp en weer op die slang. Dit vind nog elke dag plaas. Dit is dan nooit my skuld nie, maar altyd iemand anders s'n. So gaan dit ook in geestelike opsig. Wanneer ons nie meer 'n medemens kan beskuldig nie dan wil die mens nog sy uitvlug soek deur alle verantwoordelikheid van hom af te skud. Dan sê die mens: Ek kan dit nie help dat ek so ellendig is nie. So rys dan die goddelose gedagte in die hart dat God ons so geskape het, en so word die skuld dan afgeskuif op God. Om nou hierdie Uitvlug van die hart af te sny, stel die kategismus hierdie pertinente vraag: Het God dan die mens so boos en verkeerd geskape? Des te meer kom die vraag na vore wanneer ons glo dat alles van ewigheid af deur die Here bepaal is. Die gevaar is dan nie denkbeeldig dat ons God tot die outeur van die sonde gaan maak nie. En as dit nog so was dat 'n kindjie onskuldig en sonder sonde sou wees, dan sou die goddelose gedagte ook nie so maklik opgekom het nie. Want dan sou elkeen geweet het dat hy eers, nadat hy grootgeword het, homself in die sonde gestort het. Maar nou merk ons alreeds by die kleinste kindjie dat die sonde openbaar word. En waarvandaan kom dit dan? So word die uitvlug as 't ware voorberei sodat die mens gaan sê: Ek is so gebore, ek kan dit nie help nie! En ek is deur God geskape! Dan dink die mens self verder en trek sy konklusie! So teken die Woord yan God die mens! Vir die hoogmoedige sondaar is hierdie kennis vernederend en daarom soek hy al dadelik 'n uitvlug, al is dit net in sy hart. Dit is eie aan die sondige mens om homself altyd te probeer verontskuldig. Adam het die skuld eenmaal op Eva gewerp en weer op die slang. Dit vind nog elke dag plaas. Dit is dan nooit my skuld nie, maar altyd iemand anders s'n. So gaan dit ook in geestelike opsig. Wanneer ons nie meer 'n medemens kan beskuldig nie dan wil die mens nog sy uitvlug soek deur alle verantwoordelikheid van hom af te skud. Dan sê die mens: Ek kan dit nie help dat ek so ellendig is nie. So rys dan die goddelose gedagte in die hart dat God ons so geskape het, en so word die skuld dan afgeskuif op God. Om nou hierdie Uitvlug van die hart af te sny, stel die kategismus hierdie pertinente vraag: Het God dan die mens so boos en verkeerd geskape? Des te meer kom die vraag na vore wanneer ons glo dat alles van ewigheid af deur die Here bepaal is. Die gevaar is dan nie denkbeeldig dat ons God tot die outeur van die sonde gaan maak nie. En as dit nog so was dat 'n kindjie onskuldig en sonder sonde sou wees, dan sou die goddelose gedagte ook nie so maklik opgekom het nie. Want dan sou elkeen geweet het dat hy eers, nadat hy grootgeword het, homself in die sonde gestort het. Maar nou merk ons alreeds by die kleinste kindjie dat die sonde openbaar word. En waarvandaan kom dit dan? So word die uitvlug as 't ware voorberei sodat die mens gaan sê: Ek is so gebore, ek kan dit nie help nie! En ek is deur God geskape! Dan dink die mens self verder en trek sy konklusie!
Die kategismus sny egter hierdie uitvlug af op grond van die Woord van God. Daarom die suiwere antwoord: Nee, maar God het die mens goed en na sy ewebeeld geskape. Die skuld berus dus nie by God nie. God het die mens nie so boos en verkeerd geskape nie. So immers getuig die hele Woord van God. Dwarsdeur die Skrif heen word aan ons die heiligheid van God geteken? En hoe sou God dan 'n behae kan hê in sonde? As u 'n kind teen die grond sou neergooi, dan is u die oorsaak van die val van die kind. Maar God het ons nie neergewerp of tot sonde gedwing nie. Maar dan kan iemand nog beweer: U hoef nie die kind sonder meer neer te gooi nie, maar u kan aan die kind ook 'n las gee om te dra wat vir hom te swaar is. Dan moet hy ook as gevolg daarvan val. En dan bly u tog maar die oorsaak van sy val. Sommige mense beweer dan ook: Het God dan nie op ons mense 'n gebod gelê nie wat te swaar was en daarom het die mens geval? Maar ook op hierdie uitvlug antwoord die Woord van God: nee! maar die mens was ten volle toegerus am daardie taak ten uitvoer te bring. Eintlik mag ons ook nie spreek van 'n las wat die mens opgelê is nie. Want die enigste wat God van die mens geeis het, was dat die mens hom soos 'n mens moes gedra, dat hy tot openbaring sou bring wat God in hom gelê het. Die eis van God kom nie aIleen ooreen met die aard van die mens nie, maar die vervulling van die eis sou vanself uit die aard van die mens voortkom. God het van die mens geeis dat hy profeet, priester en koning moet wees. Hy moes die gedagtes van God denk en spreek (profeet), eenwillend met God wees (priester) en die werk van God op aarde tot stand bring (koning) deur in sy Naam te regeer. En dit alles kon en wou die mens omdat hy so geskape is.
God het aan die mens nie 'n leë verstand gegee om nou met die vermoë sy eie gedagtes te dink nie, maar Hy het dit bevolk met sy eie gedagtes. En nadat God so aan die mens die waarheid gegee het, het God van hom geëis: laat die leuen nie toe nie! Was die eis onbillik of te swaar? Die Here het aan die mens 'n priesterlike hart gegee. sodat hy vanself begeer het om een met God te wees. En God het niks anders van die mens geëis nie as dat hy na die drang sou handel! God het geeis: Jy moet My liefhê! Was dit te veel? God het die aarde aan die mens onderwerp en aan hom mag daaroor gegee. Kon God nou weI iets anders of iets minder vorder as: Lewer my ryk nie uit aan die vyand nie, maar regeer dit in my Naam! God het die mens dus goed geskape d.w.s. dat hy aan sy doel sou beantwoord! God het hom na sy ewebeeld geskape: dit is in ware regverdigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kan ken (profeet), Hom van harte kan liefhê (priester) en met Hom in die ewige saligheid kan lewe om Hom te loof en te prys (koning). In Christus sien ons hoe hoog God die mens gestel het. Maar in Christus sien ons ook hoe groot die toom van God teen die sonde is, naamlik dat Hy eerder as om dit ongestraf te laat bly dit aan sy liewe Seun met die bittere en smadelike dood van die kruis gestraf het.
Daarom is dit influisteringe van die Bose wat u klein wil laat dink van die sonde. Daarom is dit influisteringe van die Bose wat u laat sê: Ja, ek wil van die sonde loskom, maar God help my nie. U hoor ook so dikwels die vreeslike taal: ek wil glo, maar ek kan nie. En daarmee word eintlik maar weer die skuld op God gelaai. Hy sou my dan so gemaak het! Nee, God het 'n diepe afkeer van die sonde en nooit mag ons God beskou as die oorsaak van ons ellende nie! Maar waar kom ons ellende en ons verdorwe aard dan wel vandaan? Hier word ons deur die Woord van God gewys op 'n gebeurtenis wat eenmaal in die geskiedenis van die mensdom plaasgevind het: uit die val en die ongehoorsaamheid van ons eerste voorouers, Adam en Eva, in die paradys, waar ons natuur so verderwe is dat ons almal in sondes ontvang en gebore word. Die oorsprong van ons sondes moet dus by ons eerste voorouers gesoek word. Nou kom egter vanself die groot vraag na vore: wat is nou die verband tussen ons ellende en die val van ons voorouers. Hoe kan dit dan wees dat ons in die ellende is as gevolg van hulle dade? Watter invloed oefen hulle dan op ons uit. Ons weet dat baie mense die verband nie wil erken nie, maar die Skrif leer ons dat God Adam gestel het as 'n hoof oor ons almal.
God het die mens in 'n verbondsbetrekking tot Hom gestel. 'n Verbond is wanneer twee persone of partye welbewus ooreenkom om iets saam te doen. Wanneer so 'n verbond gesluit is, dan het elk van die partye sekere verpligtinge teenoor die ander party. In Verbond berus dus op wedersydse trou en erkenning van sekere verpligtinge. So het God ook met die mens 'n verbond, 'n ooreenkoms gesluit. Hy het Hom in 'n besondere verhouding tot die mens gestel sodat dje mens met Hom gemeenskap mag oefen. Daarom is godsdiens nie net 'n afhanklikheidsgevoel nie, maar ook gemeenskapsgevoel, nie net eerbied nie, maar ook liefde. Omdat die mens nou 'n redelik-sedelike wese is, verplig God hom nie sonder meer, want dwang sou stry met die aard in die beeld van die mens. God wou dat die mens uit vrye wil en liefde met, hom sou saamlewe en nie uit dwang nie. In die proefgebod kom die verbondskarakter nou baie duidelik uit. Daarin word die hele verhouding tussen God en die mens saamgetrek. Die mens mag kies wat hy wil doen. Die mens moet nou self besluit of hy gehoorsaam aan God wil wees of nie! Die mens kon as hy wou aan die verpligtinge voldoen van die verbond, maar hy kon dit ook weier. Hy kon meewerk met God of hom verset teen God.
Die tweede party in die verbond was Adam, maar dan nie Adam as enkeling gereken nie, maar as verteenwoordiger van die hele menslike geslag. Tussen Adam en al die mense bestaan daar dus 'n band. Ten eerste is daar die band van die bloed. Daarom is Eva ook nie 'n afsonderlike skepping nie, maar is sy uit Adam geneem. Nou is uit Adam en Eva aIle mense gebore. Die eenheid van die menslike geslag wortel dus in die eenheid van sy oorsprong. Tog verklaar hierdie bloedverwantskap met Adam en Eva nog nie ten volle ons gemeenskap aan hulle sonde nie. Want sonde is nie iets wat ons in die bloed oorerf nie, soos oorerflike siektes. Ons aandeel en gemeenskap met die sonde van Adam en Eva moet gesoek word in die erfsonde. Want sonde is nie in die eerste plek 'n toestand van die siel nie, maar is in die eerste plek 'n saak wat ons verhouding teenoor God raak. Skuld is immers iets wat ons verhouding tot iemand anders raak. Dit is iets regterliks en nie sedeliks nie.
Daarom is ons regsverhouding teenoor Adam van groter betekenis as die bloedband. Adam is nie net ons vader nie, maar hy is ook ons hoof. Wat hy as hoof gedoen het, het dieselfde krag asof ons elkeen dit persoonlik gedoen het. Die verbond van God met Adam omvat in Adam almal wat nog uit hom gebore sou word. Daarom is Adam se daad beslissend vir almal. Dit is 'n verhouding wat ons oral in die wêreld opmerk. Neem die voorbeeld van 'n volk. 'n Volk staan tog nie almal van hulle koning af nie. 'n Volk is dus nie 'n bloedgemeenskap nie, maar 'n regsgemeenskap. Wat die vors van die volk nou teenoor 'n ander volk doen, dit geld vir sy hele volk. Hy tree op in naam van sy volk. Verklaar hy oorlog, dan is die hele volk in die oorlog. Elke burger afsonderlik hoef dit nie te doen nie. Sy oorlogsverklaring maak al sy onderdane tot vyande van die ander volk. Selfs die kinders wat na die oorlogsverklaring gebore word, word as vyande van daardie ander volk gebore. Die vors bepaal en beheers dus die posisie van sy volk teenoor die buiteland. Net so het Adam ons posisie teenoor God gereël. Die beslissing van vrede of oorlog met God was in die hande van Adam. Deur die verbond het Adam 'n bondgenoot geword van God. As Adam nou verkies het om in ooreenstemming met die verbond te leef, dan sou al sy nakomelinge ook gedeel het in die seëninge van die verbond. Verbreek hy die verbond, dan word die.skuld aan almal toegereken en daal die vloek van die verbond op almal neer. Adam het egter willens en wetens daardie verbondsverhouding verbreek. Hulle het hulle hand uitgesteek na die verbode vrug, en dit terwyl hulle al die seëninge van die verbond geniet het. Hulle het verkies om nie vrywillig aan God gehoorsaam te wees en die verbondsverpligting na te kom nie, maar om met Satan 'n ooreenkoms te sluit. So het sy oortreding geword die val van sy geslag. Daarom word ons gebore met skuld belaai, word ons gebore as vyande van God, in 'n verkeerde verhouding teenoor God en dit is die erfsonde. Hierdie verkeerde verhouding waarin ons gebore word, werk nou ook deur in al ons lewensuitinge en besmet dit.
Dit is dus die wet van "een vir baie". Deur die ongehaarsaamheid van Adam is ons almal skuldig. Nou weet ons dat die mens in sy sonde hierteen in verset kom. Die goeie gevolge van die regsreël wiI die mens weI aanvaar. Ons staan op die skouers van ons voorgeslag en erf hulle stoflike en geestelike kapitaal in alle opsigte. Ons ontvang vele dinge sonder dat ons daarvoor iets gedoen het. Niemand het beswaar om die goeie te erf nie, maar die slegte wiI ons nie. Die mens is soos 'n seun wat weI al sy vader se besittings wil erwe, maar weier om die skulde van sy vader ook te aanvaar. Die Here vra egter nie of ons dit wiI erken af aanvaar nie. Hy het ons almal in Adam besluit en volgens die een Adam oordeel Hy ons. Daarom sê Dawid in Ps. 51:
As ons so ons skuld ook as erfskuld sien, dan begin ons ook insien wat 'n dwaasheid dit is dat elke mens probeer om homself te verbeter. As u verbetering wil aanbring, dan moet u Adam eers verbeter want God reken almal in Adam. Dit help tog nie dat u die ongesonde water uit 'n fontein probeer regmaak nie. Die fontein sal maar aanhou om giftige water te laat opborrel. So is dit ook met ons lewe. Adam is die giftige wortel en ons die giftige takke!
Maar juis hierin waar ons groot ellende geleë is, is ook ons redding geleë. God het nou 'n Tweede Hoof vir die menslike geslag verorden wat in die plek van Adam kan gaan staan. Jesus Christus is die Tweede Adam wat God gestuur het. En soos God in Adam alle mense reken, so reken God nou ook in Christus al sy gelowiges. Alles wat Christus gedoen het, geld ook vir hulle, al is hulle nog so vuiI van die sonde. God oordeel sy gelowiges nie op hulleself nie, maar, volgens Christus. Daarom, geliefde is daar net een Naam onder die hemel onder mense deur wie ons gered kan word en dit is Jesus Christus. Aanvaar daarom Christus as u Hoof, as die Versoener van al u sondes, wat die verhouding teenoor God weer reggemaak het!
In die derde vraag wat nou nog oorbly, wil die kategismus ons aandag bepaal by die diepte en omvang van ons verdorwenheid. Dit word dan gedoen met die vraag: Maar is ons so bedorwe dat ons heeltemal onbekwaam is tot enige goed en geneig tot alle kwaad? Van hierdie antwaard hang soveel af want dit bepaal ook die suiwerheid van ons belydenis. By hierdie grondwaarheid begin ook menige dwaling, die dwalinge van die Pelagiane, Remonstrante en Metodiste en so meer. En as ons hier die spoor byster raak, dan word ons ook aIle troos en versekerdheid in die lewe ontneem.
Die antwoord wat die kategismus hier gee op grond van die Woord van God is dan ook verskriklik hard: Ja, tensy ons deur die Gees van God wedergebore word. In enkele woorde word hier die swartheid en verdorwenheid geskilder: nooit geneig tot die goeie, altyd tot die kwaad. Dit spreek vanself dat die mens hom teen die vernietigende oordeel sal verset. Want, sê die mens, as dit so is, dan verbrysel dit aIle idealisme. Waarom is daar dan nog opvoeding en onderwys? Moet ons dan nie maar liewer op die ashoop gaan sit, want dit is tog alles tevergeefs. Dit is die een reaksie van die menslike hart daarop. Die ander reaksie is dat die mens allerlei poginge aanwend om die waarheid te ontken of om daaraan te ontkom. Hulle sê dan dat dit nie so erg kan wees nie want hoeveel mense wat buite die Christendom gelewe het, heidene, het ontsaglik baie goeie dinge gedoen. Ja selfs in die laaggesonke mens vind ons selfs ook nog verrassende goeie trekke. Dink verder aan al die groot heidense skrywers en wat hulle gesê het. Nee, sê hulle, hierdie Gereformeerde belydenis rym glad nie met die werklikheid nie. Hoeveel liefde is daar bv. ook by heidene, van ouers vir hulle kinders en omgekeerd, en tussen vriende.
Dit is dus baie noodsaaklik dat ons hier baie duidelik moet onderskei. Die groot saak draai hier om die betekenis van die woord "goed". Wat word daaronder verstaan. Dan is dit seker duidelik dat daaronder verstaan word die geestelike goeie, d.w.s. dit wat voor die aangesig van God kan bestaan en volkome voldoen aan die eise van God. Nou is dit weI waar dat die mens vir die ander vorms van goed nog in staat is deur die algemene genade van God, maar vir die geestelike goeie is hy heeltemal onbekwaam en daarvoor maak die algemene genade hom ook nie geskik nie. Ons belydenisskrifte erken dan ook albei, nl. dat die mens totaal verdorwe is, maar dat daartegelykertyd ook nog weI enige goed in hom is. In art. 14 van die Nederlandse Geloofsbelydenis lees ons: "En in al sy weë goddeloos, verkeerd en verdorwe, het hy al die uitnemende gawes verloor wat hy van God ontvang het en niks anders daarvan oorgehou as net klein oorblyfsels wat genoegsaam is om die mens alle verontskuldiging te ontneem". In die Dordste Leereëls bely ons ook: Daar het wel na die val in die mens nog enkele straaltjies van die lig van die natuur gebly waardeur hy enige kennis van God behou, van die natuurlike dinge, van die onderskeid tussen wat betaamlik en onbetaamlik is, terwyl hy ook enigsins 'n strewe openbaar na deug en uiterlike tug". Dit aanskou ons dan ook daagliks in die wêreld. Dit is egter genadegawes wat God nog aan die verdorwe mens verleen. Daardeur word die volledige uitbarsting van die sonde weerhou en 'n Iewe hier op aarde moontlik gemaak. Hierdie genade word die algemene genade genoem want dit word aan alle mense geskenk. Daarom is daar nog natuurlike liefde, geskiktheid en bekwaamheid tot arbeid en so meer. Dit mag ons nooit misken nie. Deur die genade is die mens nog geskik vir die aardse dinge, want die mens bly nog mens na die sondeval. Sy oorspronklike gawes gebruik die mens egter nie meer tot eer van God nie, maar tot sy eie verderf, om homself of Satan daarmee te dien. Die Dordtse Leerreëls sê dan ook verder: "Maar so onmoontlik is dit vir die mens om deur hierdie lig van die natuur tot die saligmakende kennis van God te kom en hom tot God te bekeer, dat hy selfs in natuurlike en burgerlike sake hierdie lig nie reg gebruik nie; ja dit veel liewer - hoedanig dit ook al mag wees - op verskillende maniere geheel-en-al besoedel en in ongeregtigheid onderdruk". Die oorblyfsels van die goedheid kan dus hoegenaamd nie tot die krediet van die mens wees nie, want die goedheid van 'n onwedergebore mens staan gelyk aan dit wat 'n hond sou doen as hy iemand se lewe red. Daar is geen geestelike waarde in die daad van die hond nie, so is daar ook geen geestelike wortel vir die sogenaamde goeie dade van die onwedergebore mens nie. Calvyn noem dit “blinkende" sondes. Hulle kan nie voor die aangesig van God bestaan nie. Want die onwedergebore mens beweeg met sy ganse natuur altyd verder weg van God af. Ook die oorblyfsels wat hy nog deur die algemene genade van God ontvang gebruik hy nie reg nie. Hy erken ook nie dat God dit aan hom skenk nie, want die lig in hom het duisternis geword.
Daarom moet ons onsself ook nooit mislei nie, menende dat as ons maar aan al die eise voldoen wat die publieke opinie aan ons stel ons dan goed is nie, of as ons 'n amp in die kerk bekleë, dat ons dan goed is nie. Want wat vir die aarde goed is, is nog nie vir die hemel goed nie. Die groot vraag is: wat is die doel van al u dade: Doen ons dit omdat ons God liefhet, of doen ons dit omdat ons onsself liefhet! Ja, so besoedel ons selfs die goeie gawes wat ons ontvang uit die hand van God. Nee, die mens kan uit homself niks doen om homself by God aanneemlik te maak nie. Tewens hy wil ook nie. Die Skrif vra daarom: Kan 'n Kusiet sy vel verander of 'n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen! En bevestig die lewe dit nie elke dag rondom ons nie! Hoeveel namelose ellende is daar nie, en is die agtergrond daarvan nie die aanhoudende stroom van menslike sondes, van sadisme en brutaliteit, van nalatigheid, van bedrog wat niks in aanmerking neem nie, solank as die sondaar maar sy eie selfsugtige "ek" kan bevredig. Waarlik die wetenskap het in ons tyd ontsettend hoë vlugte geneem en tog teister die grootste ellende die wêreld sedert menseheugenis! Want om goed te doen, is nie om mense tevrede te stel nie of om vir jouself 'n naam op te bou nie, maar om alles in ooreenstemming met die wet van God te doen en dan nie uit gehoorsaamheid omdat dit nie anders kan nie, maar gehoorsaamheid wat spruit uit die geloof dat alleen dit wat die Here beveel, goed is.
Vir hierdie goedheid, nl. om die lewe op God te rig, daarvoor is die mens geheel-en-al onbekwaam. Die kategismus sê dat ons dood is vir die goedheid tensy ons weergebore word. Daar is nog 'n wil in die mens, maar die wil ken alleen die kwaad, weg van God af. En die mens kan daaraan self geen verandering bring nie, so min as wat 'n luiperd sy vlekke kan verander. So min as wat 'n mens kan spreek voordat hy gebore is, so min kan 'n sondaar die goeie voor God doen alvorens hy wedergebore is. AIle eie pogings slaan dan ook bot terug. Van buite moet daar ingegryp word. Die mens is soos 'n masjien wat sonder bestuurder 'n afgrond. Tegemoet jaag. Die masjien kan self nie tot stilstand kom nie, tensy van buite ingegryp word. So ook die mens. Hy gly af op pad na die verdoemenis! Van buite af moet ingegryp word om hierdie hellevaart te stuit anders is daar geen einde nie. Daar is aIleen een uitweg uit die ellende en dit is die weg van God wat aan ons in sy Woord geteken is: Jesus Christus. Die bevel aan die man met die verdorde hand om sy hand uit te steek, is dwaasheid op die lippe van enige mens, behalwe op die lippe van Jesus Christus. Want toe Christus gespreek het, het Hy ook die krag en geloof geskenk om dit te kan doen. Voorwaar, wat by die mense onmoontlik is, is moontlik by God. Vir sondaars geheel-en-al verlore, is daar volkome redding in Christus. Jesus Christus wederbaar en breek die hardste sondaarshart deur sy Heilige Gees.
Amen!
Nadat die kategismus in Sondag 2 die wet behandel het as die bron van ons kennis van ellende, word in die derde Sondagsafdeling gehandel oor die oorsprong van ons ellende en word die aandag verder bepaal by die diepte van ons ellende. In Sondag 4 word die ellende nog verder behandel en nou word aandag gegee aan die straf en oordeel waaronder die mens verkeer. Eers word in die 9de vraag en antwoord 'n moontlike teëwerping behandel wat die mens kan opwerp teen die feit van die ellende waarin hy verkeer. Die teëwerping kom daarop neer dat dit onregverdig sou wees van God om nog die volmaakte onderhouding van sy wet te eis, terwyl Hy weet dat die mens daartoe onbekwaam is. In vraag 10 word die onafwendbaarheid van die straf oor die sonde gestel en in vraag 11 word die ellende van die mens bespreek soos dit openbaar word in die straf wat die mens bedreig. Die mens is nie net met sonde besmet en geheel-en-al onbekwaam tot enige goed nie, maar op hom rus ook die straf en die oordeel van God vanweë die sonde. Die waarhede wat in hierdie Sondagsafdeling behandel word, wil ons dan vanuit tweërlei gesigspunt beskou:
(a) Die mens nog verplig om die wet van God te onderhou.
Gewoonlik word die onmag van die mens om die wet van God te onderhou as 'n verskoning en 'n uitvlug gebruik. Die mens redeneer dan so: as my trekdier al vier sy bene gebreek het, dan sou dit tog baie onredelik van my wees om nou die dier te slaan om nog die wa of die ploeg te trek. Of as die burgers van 'n land in 'n oorlog krygsgevangenes gemaak is, dan sou dit tog onredelik wees as die generaal 'n eis uitvaardig dat die krygsgevangenes op 'n bepaalde oomblik terug moet wees. Hoe kan hulle dit immers doen? Die Here weet tog dat ek nie meer die wet kan volbring nie, en is dit nou nie onregverdig dat die Here dit nog van my eis nie? Eerder moet ek bejammer word as dat ek gestraf moet word. Hoe mooi die redenasie ook mag klink, dit is vals en berus op verkeerde gronde. Dit is hierdie ontvlugting wat die kategismus nou in die 9de vraag wil ontsenu. Die volgende gedagtes word dan beklemtoon:
Die kategismus antwoord dat God die mens geen onreg aandoen nie omdat God die mens so geskape het dat hy dit kon doen. Die Here het aan die mens al die gawes gegee wat nodig is om sy wet volkome te hou. Adam is na die beeld van God geskape in ware kennis en geregtigheid. Ons oorspronklike aanleg was dus sodanig dat ons die wet van God volkome kon onderhou. Om dit te verduidelik: Die bestuurder van 'n groot handelsaak gee aan een van sy klerke 'n bedrag geld om sekere rekenings te vereffen. Die klerk ontvang die geld, maar hy gaan betaal nie die rekenings daarmee nie, maar verkwis die geld. En nou sal ons tog geredelik toe stem dat die bestuurder die reg het om van die klerk te eis om nog die rekenings te betaal of die geld terug te gee. Of as dIe winkelier aan my ware uit sy winkel verskaf het waarvoor ek later sal betaal en ek gebruik dit op, maar is daarna nie in staat om die rekening te betaal nie, ontneem my onmag om die rekening te vereffen nou aan die winkelier die reg om die gelde nog van my in te vorder? Dit is tog duidelik dat die winkelier die reg het om dit van my te eis, al kan ek nie meer betaal nie. Sodanig is ook ons verhouding teenoor God. Die Here het ons toegerus met al die gawes wat nodig was om in al ons lewensuitinge God lief te hê bo alles en ons naaste soos onsself. In die wet van God word nou van ons geeis daardie liefde, daardie gawes wat God aan ons geskenk het. Ons het egter deur ons ongehoorsaamheid daardie gawes verkwis, nou is dit nie 'n vraag of ons kan of nie kan nie, maar waartoe ons verplig is. Die geregtigheid van God eis dat ons aan die Here, onse God, al ons liefde sal bring omdat Hy ons daartoe bekwaam gemaak het. Ons onmag hef tog geensins die geregtigheid van God op nie. Ons bly dit alles skuldig aan God. Daarom is ons in die eerste plek skuldiges en nie bejammerenswaardige skepsels nie. Ons onmag is dus nie in ooreenstemming met ons oorspronklike aanleg nie.
Ons onmag is ons eie skuld. Die vraag ontstaan nou waar hierdie onmag vandaan kom. As die onmag toegeskrywe kan word aan oorsake wat buite ons beheer was, dan was daar weI nog enige verontskuldiging. Maar die vreeslikheid van ons onmag is juis dat ons ook die oorsaak daarvan is. Daarom se die kategismus dit ook so duidelik: maar die mens het homself en al sy nakomelinge deur die ingewing van die duiwel en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof. Dit maak ons onmag nog 'n groter skuld voor God. Opsetlik het ons die gawes waarmee ons versier was, gaan vermors. Wie sy onmag so begryp en insien, die sal nie meer langer sy onmag as 'n voorwendsel voorhou nie maar des te dieper sy skuld voor God besef. So kom daar in die hart die ware skuldbesef. Hoedanig is dit met ons gesteld? Laat ons dit met 'n voorbeeld probeer verduidelik: 'n Vader stuur sy seun van die huis af na 'n groot stad. Vooraf waarsku sy vader hom om sekere plekke te vermy, want dit kan die vernietiging van sy toekoms beteken. Die seun vertrek. 'n V!eemdeling kom hom op die pad teë en maak hom wys dat dit nie waar is wat sy vader aan hom gesê het nie. Die seun heg nou geloof aan die woorde van die vreemdeling wat hy van geen kant geken het nie, en slaan die goeie raad van sy vader wat hy goed ken en wat nog altyd in liefde oor sy welsyn bekommerd was, in die wind. Die gevolg is dat die seun nou die verkeerde plekke besoek en sy lewe ruïneer. Hoedanig moet die seun nou teenoor sy vader voel. Is dit nie die toppunt van dwaasheid om so sy vader se raad in die wind te slaan en is sy ondergang nou nie sy eie skuld nie?
So het ons ook gehandel. Adam en Eva het die Woord van God agtergestel by die woord van Satan. Moedswillig het hulle hulself van die gawes beroof. Hoeveel groter is daarmee nie hulle skuld nie. Hoe verskriklik dwaas is die sondedaad nie, en hoe hemeltergend is dit dan nie om nog die gedagte te koester dat God onreg doen om van my te vorder om sy wet te onderhou. Maar, helaas, dit is die neiging van die sondaar om homself maar altyd te probeer verskoon.
Maar, werp sommige mense dan nog tee: Adam en Eva het daardie ongehoorsaamheid begaan en hulle is die oorsaak van my onmag en dit kan daarom nie my toegereken word nie. Ook dit is maar net weer 'n uitvlug. Want mense is nie soos sandkorrels wat los langs mekaar Iê nie, maar ons is met bande aanmekaar verbind. Ons weet tog dat as ons Eerste Minister vandag 'n oorlog verklaar, dan is ons almal, groot en klein, en selfs die wat nog gebore sal word, in 'n staat van oorlog met die ander staat. Ons is dan almal vyande van daardie staat. So het Adam, uit wie die ganse menslike geslag gebore is en wat ons verbondshoof is, vir al sy nakomelinge gekies. Adam het gekies vir die Bose en daarmee is die keuse vir eens en vir altyd vir sy nakomelinge gedoen. U weet dat as die vader van 'n huisgesin 'n dronkaard is, dan dra al die kinders van daardie huis die smet dat hulle kinders van 'n dronkaard is. Ons is onlosmaaklik aanmekaar ver bonde. Ons staan nie elkeen op homself nie. Daarom wat Adam gedoen het, geld vir al sy nakomelinge.
In die derde plek kom ook nog by dat ons onmag tegelyk ook nog onwil is. As iemand wat in groot skuld verval het, en nie kan betaal nie, tog nog berou sou hê daaroor en poog om die skuld terug te betaal, dan sou ons nog medelye met so 'n persoon hê. Dit sou weI nie die skuld vereffen nie, maar die goeie wil om te betaal, sou dan tog 'n enigsins ander kleur aan die saak gee. Maar nou is dit nie so met die mens gesteld nie. Daar is nie berou by hom oor die onmag nie, daar is nie 'n wil om te vergoed nie, nee, daar is selfs onwiI by die onmag. Ons onmag om die gebooie van God te onderhou, is ook onwil om die gebooie te onderhou. Die sonde is nie net ‘n mag buite wat ons dwing nie, maar ook 'n mag in ons wat ons beheers. Dit beheers ons wil en ons lewensuitinge. Dit is dus nie net dat ons onmagtig is om God lief te hê bo alles en ons naaste soos onsself nie, maar van nature wil ons dit ook nie doen nie. Van nature is ons gewillige slawe van die sonde.
Ons onmag is dus nie in ooreenstemming met ons aanleg nie; ons onmag is ons eie skuld en dit is tegelyk ook onwil! Maar waarom laat God nou sy wet so skerp aan ons spreek? Beteken dit nou dat God van ons eis om dit te onderhou! Nee, die wet word so skerp aan ons gepreek sodat ons meer en meer ons onmag sal leer ken as 'n skuld, sodat ons in diepe ootmoedigheid ons skuld voor God sal bely en alleen ons toevlug sal neem tot Jesus Christus, sodat ons altyd meer en meer sal besef dat ons skuldig staan voor God en alleen van Hom genade sal verwag. Daartoe moet ons ook gebring word deur die bediening val die Woord: dat u u sondeskuld sal bely en nie na Satan sal luister nie wat u influister: u kan dit nog weI doen. Nee, die wet moet ons tot beskaming lei, en hoe dieper die selfkennis word, des te sterker sal die verlange ook na Jesus Christus uitgaan!
b) Die straf van God oor die sonde.
Die tweede groot saak wat die kategismus in hierdie Sondagsafdeling behandel, is die oordeel oor die sonde. Dit is die tweede groot stuk van ons ellende. Ons is nie net met sonde besmet en daarom onmagtig en onwillig om die wil van God te doen nie, maar die onmag en die onwil word deur die oordele van God getref. Dit wil die kategismus by ons tuisbring met die vraag: Wil God die ongehoorsaaniheid en afval ongestraf laat bly? Hierop is die stellige antwoord dan ook: "Nee, sekerlik nie, maar Hy vertoorn Hom verskriklik oor die aangebore sowel as die werklike sondes." Daar, is dus nie opening vir so 'n gedagte dat God maar die sonde oorsien of straffeloos toelaat nie. Want hier het ons met die senuwee van alle godsdiens te doen. As God die sonde nie sou straf nie, dan hou dit in dat die sonde nie verkeerd is nie en dat die wet wat God vir die menselewe gestel het eintlik niks is nie. Dit sou dan beteken dat God nie meer God is nie, en dat die mens sonder God kan lewe want hy kan mos straffeloos die wet van God opsyskuif. Dan sou die mens die soewerein word in die wêreld en die mens sou dan uitmaak wat geluk en wat ongeluk is. Die uiterste konsekwensie sou dan wees dat die mens dan god is, en dat hy neerlê wat reg en wat verkeerd is. Dan was daar ook geen godsdiens meer nie. Om te verduidelik: as 'n vader in sy huisgesin sekere reëls neerlê en die kinders steur hulle nie aan die reëls nie, maar oortree dit voortdurende en die vader laat dit maar toe, dan sou dit beteken dat die vader nie meer die huis regeer nie, maar dat die kinders nou die rol van vader speel. As die vader egter 'n vader is, sal hy die reëls handhaaf en die kinders tugtig. So ook is ons verhouding teenoor God. Ons kom tog nie êrens anders vandaan in hierdie skepping in nie, dat ons kan voorskryf wat God moet doen, maar Hy is ons Skepper en daarom soewerein, en daarom straf Hy almal wat nie aan sy wet gehoorsaam is nie. Elkeen wat dan ook reken dat die Here die sonde ongestraf laat bly, hy wil hom self tot God maak en ondermyn daarmee aIle godsdiens. Wat is nou die onafwendbare vonnis wat die Here uitspreek oor die sondaarmens? Die kategismus druk dit so uit: met die ewige straf na liggaam en siel. Dit is die ewige dood.
Dit is vir ons moeilik om enigsins 'n begrip te vorm van wat die ewige dood is. Ons kan dit aIleen maar by benadering aandui. Ewige dood is die teenoorgestelde van die ewige lewe. Lewe is die saambidding; dood is ontbinding. Nou word die menselewe deur vier bande gebind en wanneer die bande volkome is, dan is daar volle lewe en as die bande ontbind word, dan heers die dood. Eerstens is daar die band tussen siel en liggaam. Die liggaam is die instrument van die siel en wanneer die band volkome is, hoe gelukkig is die mens dan nie. Maar as die liggaam nou krank word, dan veroorsaak dit pyne en wat 'n vreeslike saak is dit nie wanneer liggaam en siel van mekaar geskeur word of wanneer iemand sterwe? In die ewige dood sal die mens altyd besig wees om te sterwe, liggaam en siel sal voortdurend uitmekaartrek en tog sal hy nooit klaar sterwe nie. Die liggaam sal aIle diens weier aan die siel. 'n Been wat afgesit is, is minder pynlik as 'n been wat nog daar is en vol pyn is. Hoe ondraaglik kan senuwepyne nie word nie, wanneer liggaam en siel as 't ware teen mekaar gespanne is. En dit is maar 'n floue voorsmaak van daardie band wat in die ewige dood altyddeur losgemaak word, maar ook nooit klaar losgemaak word nie. Maar daar is ook 'n band tussen die liggaam en die aarde. As die band volkome is, dan lewer die aarde alles wat die liggaam nodig het en die klimaat van die aarde is ook so dat die mens gelukkig daarop lewe. Maar wanneer die vloek op die aarde rus, dan weier die aarde voedsel vir die mens. In die ewige verderf sal daardie band altyd ontbreek! Die honger van die mens sal nooit gestil word nie en sy dors nooit geles word nie. Die derde band is die band tussen mens en mens. Ons het ons ouers, broers en susters en vriende. Ons het ons familiebetrekkinge. En wanneer die verhoudinge reg is, wat word ons lewensgeluk dan nie verhoog nie! Maar hoe vreeslik word dit nie as die verhouding reeds hier op aarde versteur .word. Dit is net soos dood wat intree. En dit is maar 'n floue voorsmaak van die ewige dood. Daar sal geen liefdesbande wees nie; daar sal elkeen eensaam wees en smag na liefde, maar dit nooit vind nie. Almal se hand sal teen almal wees. Daar sal die een mens die ander mens giftige haat toeblaf en 'n ewigdurende vyandskap sal daar heers - vereensaamde wesens! Maar die verskriklikste nog sal wees dat die band tussen die mens en God volkome deurgesny sal wees. In hierdie wêreld leef die mens dikwels voort sonder om aan God te dink, maar in die ewige verdoemenis sal dit nie moontlik wees nie. 'n Floue voorsmaak van wat die mens daar ervaar, word ondervind wanneer ons gewete ons hier reeds verteer en aankla, wanneer ons die oordele van God oor ons voel dreig. In die ewige verdoemenis, sal die mens elke oomblik die verskriklikheid van die toorn en haat van God voel brand sonder ooit 'n greintjie van liefde. God sal daar in die verdoemenis wees, maar dan nie in sy liefde nie, maar in sy ontsettende toorn. Verskriklik is die ewige dood, die doodvonnis wat deur God gevel is oor aIle sondaars!
Hoe dieper u nou u skuld aanvoel en die verskriklike veroordeling besef, des te groter is u blydskap in Christus vanwee die verlossing. Die regverdigheid van God bring die volkome straf oor die sondaar, maar die liefde van God lei ook tot 'n volkome verlossing van die sondaar. Sonder die kruis op Golgota sou die geskonde reg van God nie herstel kon word nie. Want in der ewigheid kan die sondaar nie voldoening gee aan die reg van God nie. Die sondaar kan geen skuld afbetaal nie. Maar op Golgota is elke eis en vloek van die wet vervul. Toe Christus uitgeroep het: "Dit is volbring", was dit 'n loflied dat alle straf gedra en alle regskending goedgemaak is. Christus het volkome aan die reg van God voldoen en aan God weer die ere toegebring. Die liefde van Chtistus was instaat om die wet te vervul. Laat die straffende geregtigheid van God ons onder diepe indruk bring. Laat ons daarvan seker wees dat God sal straf, omdat die straf noodsaaklik is. En as daar nog enige twyfel daaroor is, let dan op die kruis van Golgota. Is dit dan nie dwaasheid om te dink dat ons die straf kan ontgaan waar dit aan Christus nie gespaar is nie. As dit met die groen hout gebeur, wat dan van die droë hout?
Maar die kruis van Christus is ook die bewys van die hoogste liefde van God. Hy gee sy Seun aan die ewige dood prys vir sondaars. Dit is liefde sonder grens en sonder maat! Jesus Christus, die Gekruisigde sodat ons skuldige sondaars sy reg en sy liefde mag prys! As God vir ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons in die dood oorgegee het?
Amen!
"Wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?"
Ons kom nou tot die behandeling van die tweede deel van die kategismus wat die leerstuk van dieverlossing aan die orde stel. Dit is eintlik geen logiese voortsetting van die leerstuk van die ellende nie, want lg. was die naspeuring van die deur ons veroorsaakte werklikheid, 'n werklikheid van sonde wat moet uitloop op die ewige dood. En nou gaan die kategismus oor die verlossing handel, dit is oor die ondenkbare feit van die uitredding uit die doodstaat. Ondenkbaar en ongehoord byna is dit want nooit sou die mens self dit kon bewerk nie. Dit moes van bo af, vanuit die hemel bewerk word. Verder moet ons vooraf daarop let dat die val in die diepte kort was, en die behandeling daarvan deur die kategismus was ook kort. Die weg na die hoogte egter is lank. Die genade wat red, moet oorvloediger wees as die misdaad wat laat sterwe. So sal die kategismus ons ook langsamerhand opvoer na die hoogte. Dit sal 'n lang onderwysing wees om ons die volle omvang van die oorweldigende genade in Christus te laat besef.
In Sondag 5 word 3 sake aan die orde gestel:
1. Die vraag na verlossing
Dit is 'n bekende waarheid dat die mens soek na 'n middel om uit die ellende verlos te word. Op aIle gebiede, trouens, soek die mens na uitredding uit die nood. Dink maar aan die stryd van die mensheid om verlos te word uit die greep van krankheid of armoede of misdaad of oorlog. En dit alles geld nog nie die kern van die ellende nie. Maar die ontembare ywer, die idealistiese wil, die geniale inspanning wat sigbaar is by die moderne mens moet ons sien as 'n uiting van die verdronge maar tog in die onderbewuste altyd werksame begeerte om die verlore posisie te herower en om allerwee aan.die dreigende doodstrikke te ontkom.
Is dit dan 'n wonder dat die mens wat sy sonde as ellende en skuld voor God leer ken het, gaan vra: Hoe kan ek verlos word uit my ellende? of in die taal van Jesus Christus in Markus 8:37: "Wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?" Met die woorde bedoel Jesus; wat sal 'n mens gee om jou lewe te red of te verlos? in die sin van "red uit die gevangenis" of "red uit die mag van die dood". En werklik die mens sit in 'n gevangenis, in die gevangenis van die sonde. In die koue kerker is die mens opgesluit en daar is geen ligstraal van redding te sien nie, geen sprankie van hoop op verlossing nie. Voor die kerker staan die gevreesde regterstoel en daaragter dreig die hel in al sy grusaamheid. Dit is in hierdie toestand waarin die mens 'n losprys soek vir sy lewe, iets of iemand wat sy straf kan uitkoop of wat vir hom borg kan staan. Ja, die mens is van nature soos iemand wat skuldig en doemwaardig in die gevangenis sit. Dit was die droewige slotsom van die leerstuk van die ellende. Paulus teken die toestand van so 'n mens as volg in Rom. 2:8 en 9: "Grimmigheid en toorn, verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek." Dit is woorde vol verskrikking. Ons huiwer as ons dit oordink. En dan, ons klein verstand is maar 'n nietige peillood wat in hierdie afgrond van geen grond weet nie. Vreeslik is die toestand van die mens dus en afgryslik die oordele wat hy vanweë die sonde op sy hals gehaal het. Want hoe anders was dit nie in die Paradys nie waar ons die toestand vind van rus en vrede en Godsgemeenskap. Maar nou, die sondaar wet voor die regbank van die hoogste Regter staan, kan nie eers die woord "onskuldig'' op die lippe neem nie want Paulus eindig sy onweersware woorde met die donderstem: "Elke mond is toegestop en die hele wêreld is voor God doemwaardig."
Wat dan? Hoe kan die sondaar voor die gerig van God bestaan? Is daar enige middel, soos die kategismus vra, waardeur ons van hierdie straf kan vrykom? Wat sal die mens dan gee as losprys vir sy sieI, as verlossingsprys vir sy lewe? As die kategismus erken het dat die regverdige oordeel van God oor die sonde wag, as dit die mens gebring het tot die diepe besef van sy doemwaardigheid, bly hy dus nie onder die feit onbewoë nie. Hy sien die sondaar nie as iemand wat nou maar soos die hond gaan neerlê om die straf te ontvang nie. Nee, die man wat tot die besef en die belydenis van sy skuld gekom het, het geen rus of duurte vir sy gemoed nie. Die gevangene wat in die kerker van die dood sit soek met al die inspanning van sy kragte na 'n uitweg. Hy vra die vraag: "Is daar enige middel om die straf te ontgaan?'" Hy het hom dus nie teen die regverdige oordeel van God soos teen ‘n muur te pletter geloop nie. Hy het ook nie versink in 'n duistere poel van wanhoop nie. Nee, midde in die erkenning van skuld en verlorenheid gaan hy vra na 'n middel tot verlossing. Toegemuur tussen die wande van die gevangenis hef hy die oog omhoog. Daar word in die kategismusvraag gebid, geroep: dit is ‘n angskreet, ‘n geskreeu, om huIp, 'n worsteling in die doodsnood om die straf te ontgaan. Dit is as 't ware 'n gehamer aan die gegrendelde deur van die gevangenis met die uitroep: Hoe kan ek, hoe kan ek tog vry kom?
Die voorwaarde vir die verlossingOp die geroep kom daar weI 'n antwoord: "God wil dat aan sy geregtigheid voldoen moet word; daarom moet ons daaraan of deur onsself of deur 'n ander ten volle betaal'’ Daar is dus weI reaksie op die gehamer op die kerkerdeur. Die deur word as 't ware weI op 'n skrefie geopen. Maar dit word aIleen geopen om voorwaardes te steI, om vereistes te stel. Daar is gesmeek om genade en hier is nou sprake van voldoening aan Gods geregtigheid. Kwytskelding in losprys is gevra en hier is sprake van betaling, volkome betaling selfs. Die ewige Regter van hemel en aarde handhaaf sy geregtigheid. Sy reg kan nie gekrenk word nie. As God geen reg meer doen, dan is Hy geen God meer nie. Die misdaad moet geboet word, die geskonde reg moet herstel word, die straf moet gedra word, die skulde moet betaal word of deur onsself Of deur 'n ander. En tog merk ons reeds hier dat ons met die leerstuk van die verlossing te doen het. Tog kraak reeds hier die swaar gevangenisdeure en die lig val van buite af deur om die duisternis aan die binnekant te deurboor. Ons is nou haastig om die volgende vraag en antwoord van die kategismus en die volgende te behandel. Ons wil as 't ware die onderwyser vooruitloop. Ons wiI kom by dIe Ander, wat weI die losprys sal betaal.
Ons is ook geneig om by die beantwoording van die vraag reeds veel meer te sê: Ons wil dadelik vooruitsnel na die volle openbaring van dIe genade in Jesus Chnstus. Maar die kategismus is leerboek. Dit wil ons van stap tot stap leer en onderrig. Dit het bowendien ook nou tyd om dit langsaam te doen wat aan die begin reeds, by die eerste vraag en antwoord oor ons enigste troos, het die volle son van genade reeds geskyn. Nie maar enkele strale nie maar die volle lig van die genade het toe oor ons geskyn en nou kan die kategismus langsaam die leer van die verlossing opbou. Hy praat nou immers nie met onkundiges nie. Om die leerstuk nou stadig en trapsgewyse en logies op te bou, moet net dien om ons in ons oortuiging te versterk. En daarom wil hy hier in die vraag na die verlossing uit die ellende alleen handhaaf die volstrekte erkenning van die reg van God. Die kind van God wat God immers uit sy Woord ken, mag die yer- gewing nie anders as in die weg van die reg en geregtigheid soek nie. "Sion sal deur strafgerig verlos word." Geen versoening sonder voldoening nie. Die gelowige weet maar te goed dat die genade van God nooit sy geregtigheid ongedaan kan maak nie. En daarom die antwoord: "God wil dat aan Sy geregtigheid voldoen word." Dit is weI sterk gestel, dit is verpletterend en verdoemend vir 'n sondaar wat met leë hande staan. Maar dit is die wese van die verlossingsleer. Hier is 'n heilige moet kragtens Gods heilige wese. Hy is nie maar 'n God van slappe toegeeflike liefde nie, maar Hy is, die God van heilige geregtigheid. Eenmaal het Hy in die werkverbond gesê: "Doen dit en jy sal lewe" en "Die mens wat sondig, moet sterwe." En vir die sondaar staan die eis en die voorwaarde, onversetlik soos die berge, dreigend soos die gebrul van 'n leeu. Ons beluister hier die harde klank soos die staal van gevangeniskettings; "Voorwaar, Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie." "Daarom moet ons daaraan of deur onsself of deur 'n ander ten volle betaal." Hierdie moontlikhede word nou verder deur die kategismus ondersoek.
Verskillende moontlikhede.
"Wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?" Hoe sal die mens vry kom uit die gevangenis? Deur wie sal hy sy skuld kan betaal? Dit is die vrae wat ons nog steeds besig hou. En nou word die moontlikheid van selfbetaling ondersoek. Sal die mens dan nie self kan betaal nie? 0, weet u, deur die eeue heen het die sondige mens altyd weer pogings aangewend om self te betaal. Die heidene het van· die vroegste tye af selfbetaling beproef op die mees gevarieërde wyse. Wat is die rituele pligpleginge, die baie kultiese handelinge waaronder ook selfpyniging (Baäl en Astarte), die tallose offerseremonies, waaronder selfs die wrede gebruik van kinder offers (Molog) anders as pogings van die heiden om die godheid gunstig te stem en om die toorn van die afgode af te weer? Wat is die groot verskeidenheid van denkstelsels vanaf die Griekse filosofie tot die moderne wysbegeerte in die grond van die saak anders as 'n worsteling om selfhandhawing en selfverlossing? Wat is die ewolusie teorie en die rewolusiepraktyk anders as pogings tot selfbehoud? Wat is die nihilisme en modernisme en morele herbewapeningsbeweging anders as kragtige pogings om vanuit die self die verlossing te bewerkstellig? Ek dink aan die Roomse kerk. Die hele akseptilasieteorie van die Roomse teologie wat in die, grond van die saak 'n ingebeelde of skynbetaling is en die hele verworde aflaatpraktyk van dieselfde kerk met al sy metodes van boete in die vorm van geld en goed, van skenkinge aan kloosters en armes, van deelname aan bedevaart- en kruistogte, van vaste en gebede en aalmoese, van kastyding en goeie werke is niks anders as 'n stimulering en bestendiging van die gedagte van selfbetaling by die lede van die Kerk nie. Die Kerk laat die sondaar die offers van geld en van selfverloëning bring met die versekering dat daarmee die skuld voor God versoen is en die straf gedra is. 0, wat sal 'n mens gee as losprys vIr sy siel? Sal die mens homself nie maar gee nie? Sal hy trane stort en sy talente inruil of sy liggaam kneus en vermink, ja sy eie bloed afstaan om sy skuld voor God te betaal? Sal die Regter dit nie aanneem en die gevangenisdeure oopstoot nie? Nee, met trane aIleen, al het hulle hoe warm gevloei, spoel 'n mens die toorn van God nie af nie. Dit is verfynde brutaliteit om te dink dat God trane-offers ter vereffening van ons ewige skuld sou aanvaar. Selfkwelling is bowendien baie keer niks anders as selfstreling nie. Die gebod van God wat elke oomblik tot ons kom is nie: “Kwel jouself” nie, maar bekeer jou en glo. Geen eiewillige bad in die springvloed van die gevolge van Gods toorn nie, maar 'n ontvlugting van die toorn self, dit is die konkrete gebod. Die kategismus is volkome reg, ons maak ons skuld nog daagliks meer. Die geskiedenis self is 'n vonnis wat ons moet leer om ons mond te hou as daar sprake is van betaling teenoor God. Hoe kan iemand wat in 'n diep put geval het homself wil uittrek? Of hoe kan iemand wat bankrot is tjeks wil uitskryf aan sy skuldeisers. Ons almal is van nature bankrot en daarom kan ons ons selfverlossing nie bewerk nie. As ons dit tog maar wil besef! Want dit is ongelooflik hoeveel ons telkens weer in rekening wil bring by God. Ons gebede, ons bydrae vir die kerk en die armes, ons trou, ons ywer vir Gods Koninkryk, ons mooi karakter, ons edele inbors, ons suiwere beginsels, ja, selfs ons tollenaarsgestalte - uit dit alles trag ons bedektelik munt te slaan, ons meen dat dit tog as verdienste gereken kan word. "En hoe bedrieg ons onsself. "Ons is onverdienstelike diensknegte want ons het aIleen gedoen wat ons verplig was om te doen." Op ons soektog na verlossing het hiermee 'n swaar deur vir ons toegeval. Die moontlikheid van selfverlossing is uitgesluit. Die kategismus ondersoek egter nog 'n tweede moontilkheid nl. die moontlikheid van verIossing deur ander skepsele. Daar is tog die engele, daar is die diere, daar is die medemens. Kan een van hierdie skepsele van God dan nie dien as losprys vir die siel nie? Nee die engel kan die skuld nie dra nie. God straf aan geen mens die skuld van die gevalle engel nie. Maar omgekeerd straf God ook aan geen engel die skuld van die mens nie, "want die siel wat sondig moet sterwe," volgens Eseg. 18. Bowendien besit die engel geen liggaam nie, terwyl daar vir die sondes ook liggaamlike straf gedra moet word. Nee, die engele kan ons skuld voor God nie betaal nie. Ook hierdie deur ter verlossing word in ons gesig toegeslaan.
En wat die diere betref, God het weI die dierebloed op die altare van Israel aangesien, maar nie omdat, dit self enige reinigende of versoenende krag het nie. Dit kan aIleen as skadu en as sinnebeeld dien van die onbevlekte bloed van die Lam van God wat sou kom om die sondes van die wêreld weg te dra. Bowendien besit die dier geen siel nie, terwyl daar vir die sondes ook straf na die siel gedra moet word. Nee, die skrywer van die Hebreërbrief laat ook hierdie deur dig toeslaan: "want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem." (Hebr. 10: 4).
Maar wat dan? Die sondaar sit nog in die donker koue gevangenis. Die vraag wat nog steeds op sy lippe bewe is: Wat kan ek gee as losprys vir my siel?" Is daar dan geen moontlikheid om my te kan verlos en weer genade te verkry nie? Hoedanig 'n middelaar en verlosser moet ons dan soek? Nou is daar nie net meer sprake van middel nie maar van middelaar. Daar is maar een moontlikheid en dit is 'n Middelaar wat waaragtige en regverdige mens is en tegelykertyd waaragtige God. Ons wat die Evangelie van verlossing ken, weet dus dat daar weI 'n deur van hoop en verlossing is vir die boetvaardige sondaar. In die volheid van die tyd het God self die antwoord gegee op die angswekkende vraag. Ja, die antwoord moes van bo kom, heeltemal van bo, vanuit die hemel. Dit was die antwoord van die daad. 'n Engel uit die hemel het aan skaapwagters die antwoord gegee op die vraag na die losprys: "Kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is, die verlosser wat Christus die Here is." God self het die deure van die gevangenis oopgewerp deur sy eie Seun in die gevangenis te plaas en die straf te laat dra. So ontmoet Gods geregtigheid en Gods genade mekaar. Op die vraag na die verlossing kom 'n antwoord. Aan die sware vereiste van Gods geregtigheid word voldoen. Alle moontlikhede vanuit die skepsele bereken, word onmoontlikhede. God alleen skep die enigste moontlikheid, nee die werklikheid: Hy stuur sy Seun, Hy wys, met uitgestrekte vinger na Hom en op die vraag: "Wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?" kom sy goddelike, sy afdoende en genadige antwoord: "Daar is die losprys vir die siel."
Maar wat dan van die medemens? Miskien sal die Regter van hemel en aarde een uitstaande mens neem om as losprys te dien. Dit is dan tog vlees van ons vlees en been van ons been. Kan dan geen Moses vir ons optree nie, terwyl hy tog bereid was om sy naam uit die Boek van die lewe te laat delg ter wille van sy volk? Kan geen Jesaja dit doen nie? Of 'n Paulus wat ter wille van sy broeders hom uit Gods gemeenskap wou laat ban? Nee, ook die deur gaan toe by die deurlees van Psalm 49: “Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend." Die kategismus is reg: "geen enkele skepsel kan die las van die ewige toorn van God dra en ander skepsele daarvan verlos nie."
Maar wat dan? Die sondaar sit nog in die donker koue gevangenis. Die vraag wat nog steeds op sy lippe bewe is: Wat kan ek gee as losprys vir my siel?" Is daar dan geen moontlikheid om my te kan verlos en weer genade te verkry nie? Hoedanig 'n middelaar en verlosser moet ons dan soek? Nou is daar nie net meer sprake van middel nie maar van middelaar. Daar is maar een moontlikheid en dit is 'n Middelaar wat waaragtige en regverdige mens is en tegelykertyd waaragtige God. Ons wat die Evangelie van verlossing ken, weet dus dat daar weI 'n deur van hoop en verlossing is vir die boetvaardige sondaar. In die volheid van die tyd het God self die antwoord gegee op die angswekkende vraag. Ja, die antwoord moes van bo kom, heeltemal van bo, vanuit die hemel. Dit was die antwoord van die daad. 'n Engel uit die hemel het aan skaapwagters die antwoord gegee op die vraag na die losprys: "Kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is, die verlosser wat Christus die Here is." God self het die deure van die gevangenis oopgewerp deur sy eie Seun in die gevangenis te plaas en die straf te laat dra. So ontmoet Gods geregtigheid en Gods genade mekaar. Op die vraag na die verlossing kom 'n antwoord. Aan die sware vereiste van Gods geregtigheid word voldoen. Alle moontlikhede vanuit die skepsele bereken, word onmoontlikhede. God alleen skep die enigste moontlikheid, nee die werklikheid: Hy stuur sy Seun, Hy wys, met uitgestrekte vinger na Hom en op die vraag: "Wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?" kom sy goddelike, sy afdoende en genadige antwoord: "Daar is die losprys vir die siel."
Amen !
"Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus."
Ons het in hierdie Sondagsafdeling van die kategismus te doen met die heilgeheim, die ondeurgrondelike wonder: "Die Woord het vlees geword" of soos Paulus dit stel: "Die verborgenheid is groot, God is geopenbaar In die vlees. Ons het te doen met die allesbeslissende vraag: "Wat dink u van die Christus?" Die antwoord op hierdie vraag bepaal die lewens- en wêreldbeskouing van die mensheid. Die Christusvraag is die mees kardinale vraag vir die hele mensheid maar veral vir die gemeente van God, vir die strydende Bruidskerk wat nooit moeg word om te verneem van haar Middelaar nie. Dit het die opstellers van die kategismus ook baie goed geweet. Daarom voer hulle ons van die tweede Sondagsafdeling af geleidelik op na 'n hoogtepunt. Eers word ons oortuig van ons ellende en ons skuld. Dan word ons gewys op ons doemwaardigheid voor die gestrenge Regter. Daarna word ons onmag om onsself te verlos asook die onmag van alle skepsele aangedui. En dan nader die kategismus die klimaks van sy redenasie deur te soek na 'n Middelaar iemand wat soos Job dit uitgedruk het, sy hand kan Iê op die mens en ook op God.
En eindelik op die hoogtepunt van sy prediking wys die kategismus in vraag 18 met uitgestrekte vinger die Christus aan as die Middelaar om in die volgende vraag Hom aan te dui as die Christus van die Skrifte. As ons die vrae en antwoorde van hierdie Sondag aandagtig bestudeer, dan sien ons dat die sentrale inhoud daarvan Jesus Christus, ons MiddeIaar, is. Soos in 'n groot skitterende diamant word die naam ten toon gestel om telkens weer 'n ander kant, 'n ander faset van die glinsterende steen aan ons verbaasde oog voor te hou. Dit is asof die kategismus die diamant omhooghou en dit om en om draai sodat talloos skitterende strale daaruit te voorskyn skiet en ons oog byna verblind. Waar ons gewys word op ons Middelaar let ons agtereenvolgens daarop
Hoe moet die Middelaar wees?
Hy moet mens wees en God. Die ware mensheid van die Middelaar is in die loop van die eeue deur die Kerk vasgehou. Die Heilige Gees het die Kerk so gelei dat dit daaraan vasgehou het. En hoe dankbaar moet ons nie wees nie? Want hier is gewigtige dinge op die spel. Hiervan hang ons verlossing en saligheid af. Die kategismus bely immers: "Die regverdigheid van God eis dat die menslike natuur wat gesondig het, vir die sonde moet betaal." Die regverdige God het dus sy eis gestel teen die mens wat gesondig het en hy wat middelaar wil wees en aan die eis van God wil voldoen, hy mag hier nie buite bly staan nie. Hier is 'n heilige moet, 'n goddelike noodsaak, 'n onwrikbare eis van God se geregtigheid. Die middelaar moet vlees wees van ons vlees en bloed van ons bloed, uit 'n vrou gebore; een wat 'n stamboom kan toon en 'n geslagsregister kan aanwys; een wat ook opgroei soos elke ander kind; een wat ook trane van droefheid kan stort, wat ook honger en dors kan hê; 'n mens dus wat optree in en val binne die kader van dieselfde drama van tyd en ruimte waarin Adam en u en ek deel gehad het en nog het. Soos in die O.T. die losser bloedverwant was so moet hy ook nabestaande wees en bloedverwant. God eis ter versoening van die sondes nie net bloed nie maar mensebloed, nie maar sweet en trane nie maar mensesweet en mensetrane, nie maar gehoorsaamheid nie maar menslike gehoorsaamheid. God eis dat daar ‘n mens moet veg om lewe en dood voor sy aangesig. Hoe diep is die gedagtes van God nie! Die middelaar, so eis God, moet met beide voete op ons bodem staan, niks mensliks mag aan hom vreemd wees nie; ja, sy broeders in alle opsigte gelyk. Maar daar is ten opsigte van sy mensheid nog 'n vereiste. Hy moet wees: sy broeders in alle opsigle gelyk, maar sonder sonde, regverdig mens dus. Wie vir eie persoon in die skuld staan, kan nie as borg optree vir ander nie. Besoedelde offerande sou voor God hier niks baat nie. Die groot Hoëpriester van die Nuwe Testament moet, soos die Hebreërbrief dit stel, heilig wees en onbesmet, onskuldig en afgeskeie van die sondaars, een wat nie elke dag nodig het om· vir eie sondes offers te bring en dan vir die van die volk nie. Om middelaar te kan wees is daar egter nog 'n vereiste. Om aan die eis van die ewige geregtigheid van God te kan voldoen, om die vlamme van die ewige gramskap en toorn van God oor die sonde te kan blus, moet Hy nie alleen mens wees nie want geen mensekrag is daartoe in staat nie. Wie is daar onder ons wat by 'n, verterende vuur kan woon? Hy moet dit doen uit krag van sy godheid. Hy moet dus ook waaragtig God wees. Mens en God - en dit in een persoon verenig, so 'n Middelaar het ons nodig. Ons kan Hlom dan aanbid want Hy is God en Hy is dan na aan ons hart want Hy is mens. Hy kan dan vir ons sondes ly en sterf want Hy is mens en Hy kan die toorn van God daarvoor dra, want Hy is God. Na so een soek Job as hy byna wanhopig uitroep: "Daar is geen skeidsregter tussen God en mens wat sy hand op ons twee kan Iê nie." Hierdie uitroep van Job kan ons egter nie beaam nie. Trouens, hyself het later as hy weer op die hoogte van die geloof wandel, bely dat sy Verlosser leef. Ons kan by die lig van die Nuwe Testament jubel: "Daar is een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus."
Wie is die Middelaar?
Op die vraag wie die Middelaar is, is daar maar een antwoord. Alleen een kan aan die sware vereistes ten vollevoldoen. Dit is ons Here Jesus Christus wat deur God aan ons geskenk is tot wysheid, regverdigheid, heiligmaking en verlossing. Hoe heerlik skitter hier die een straal na die ander van die kostelike diament wat die kategismus ons wil voorhou? Heerlik klink die antwoord van die kategismus. Dit is die hoogtepunt van die hele boek. Dit kom soos 'n blye boodskap, soos 'n gesang van verlossing, soos 'n kreet van geloofsverrukking na die worsteling van die sondaar om gered te word. Dit klink soos 'n heldere basuinstoot die ruimtes in en dit laat die hemele juig, dit laat drie uur duisternis op die aarde toesak, dit laat 'n eeue-oue voorhangsel skeur, dit laat die satan terugdeins want hy het die stryd verloor - God en mens is weer versoen. Daar is 'n Middelaar. By die behandeling van die vraag wie Hy is, moet dit vir ons nie in die eerste plek te doen wees om sy gawes nie maar om Homself. Dit moet ons om die Gewer te doen wees en nie om die gawes nie. Hy is trouens die grootste gawe “deur God geskenk." Hy is Gewer en gawe tegelyk. Hy het homself gegee. Hier word Jesus Christus die middelpunt, van ons hele bestaan, die brandpunt van ons lewe. Hier is alles intiem persoonlik. Hy is onse Here Jesus Christus en Hy beteken vir ons so onberekenbaar veel. Ten eerste is Hy ons wysheid. Wat die begrip wysheid en wat Christus as ons Wysheid vir ons beteken, word eers duidelik as ons daarteenoor stel die jammerlike dwaasheid van die moderne mens net soos wat dit vir die Korinthiese gemeente duidelik was in teenstelling met die ydele dwaasheid of waanwysheid van die Grieke. Hoe hoog was die Griekse wysheid nie aangeprys in die tyd van Paulus nie en hoe klein het daarteenoor nie vertoon die eerste Christelike Kerk nie. Maar met die wete dat Christus die opperste Wysheid is, verdwyn daardie Griekse waanwysheid voor die oog van die gelowiges in die niet. Diegene wat· staan in die geloof, diegene wat in Christus is, het ook deel aan die opperste Wysheid. So word ook die wysheid van hierdie eeu aan die kaak gestel as dwaasheid by die lig van die opperste wysheid. Die wysheid van hierdie eeu is immers, as ons dit ontleed die mees konkrete sonde voor God. Dink daaroor na, dit is aanbidding van geweld, staats- en partyvergoding, leiersideologie, rasse-hartstogte, magsverheerliking, mammondiens, verabsolutering van die tegniek, die skending van die eerbied vir die medemens, kortom die hoogty van die uiterste vorme van egoïsme en selfsug. Hierteenoor staan die Christus as die opperste Wysheid wat 'n felle streep trek deur al die 20ste-eeuse waanwysheid en die liefde teenoor die naaste stel in die plek van die selfsug. 0, weet u, as die Christendom van vandag maar, wil leef by die wysheid van Christus, dan sal dit ook in die ontwrigte waanwyse wêreld rigting kan gee, koers kan aandui, ja, kan ingaan teen al die dwaasheid met die werklikheid van die krag van Christus wat ons wysheid is. Maar Christus is ook ons geregtigheid en dit is iets wat die kinders van die 20ste eeu maklik behoort te verstaan na die aanskouing van soveel onreg in die eeu. Die begrip geregtigheid het weer waarde en inhoud bekom deur die ervaring van soveel matelose, brute ongeregtigheid wat in hierdie eeu reeds gewoed het. En vir die gelowige skitter daar altyd die heldere lig van die geregtigheid van Christus en meer nog: die gelowige het deel aan die geregtigheid van Christus. Hy is bekleed met dIe kleed van geregtigheid wat Christus vir hom verwerf het. Hy staan as 'n regverdige voor God danksy die soenverdienste van Christus. Christus is sy geregtigheid. Hoe heerlik skitter hierdie kant van die diamant. Maar daar is nog 'n kant. Jesus Christus is ook ons heiligmaking. Ook hier geld die woord van ons Middelaar: "Sonder My kan julle niks doen nie." Net so min as wat 'n loot vrug kan dra as dit van die wynstok afgesny is, netsomin kan daar iets goeds in ons groei en bloei as ons nie in Christus is nie. Los van Jesus Christus vermag ons niks op die weg van heiligmaking nie. Hier word elke trotse hartgebreek. Ja, ons mag miskien baie mooi woorde spreek en pragtige programme opstel en groot ideale koester. Ons mag groot en goed vertoon en geweldige dinge tot stand bring maar sonder aansluiting aan en die geloof in Christus Jesus, is dit alles ten slotte niks. Daarom is die moderne wêreld so rusteloos te midde van sy hoë ontwikkeling, innerlik so kragteloos by al sy uitwendige kragsontplooiing, so hol en leeg by al sy grootpratery. Alleen die gemeenskap met die lewende Christus self gee krag en glans en kleur aan ons lewe; eers as Hy gestalte in my gekry het, is die wet van God geskrywe in my hart en is dit vir my 'n Ius om na sy wil te handel. Nee werklik, die kategismus en Paulus is reg: Christus Jesus is aan ons geskenk tot heiligmaking. Kan die skittering van die kosbare kant van die diamant weI in u lewe gesien word? Maar ook is Christus ons verlossing. Eintlik is dit die samevatting van al die genadeskatte. Hier sien ons die diamant as 't ware in sy geheel. Dit stel ons voor oë die heerlike feit dat Christus met sy dierbare bloed ons Iosgekoop het uit die ellende van die sonde, uit die afhanklikheid en heerskappy van satan, uit die dreigende straf van die ewige dood. Ons staan in die vryheid van die kinders van God. En laat ons dit goed besef: ons het hier nie te doen met 'n betowerende ideaal of 'n glansvolle fantasiebeeld nie maar met die proklamasie van 'n nuwe werklikheid. As ons dit alles hoor, dan sê ons siel daarop: amen. Dit behoort ook alles aan my. Ek is ook daarin betrek. God het dit ook oor my geproklameer. Ek hoor daarin 'n in die kriusdood van Christus gefundeerde vryspraak oor my, arme sondaar. En daarmee behoort ek tot Gods aristokrasie, tot 'n adeldom wat nie uit my spruit nie, maar wat ek in Christus geerf het, ja, wat my geskenk is uit 'n ewige goddelike testament.
Waaruit word ie Middelaar geken?
Op hierdie vraag is die antwoord van die kategismus ondubbelsinnig: "Vir die heilige Evangelie wat God self eers in die Paradys geopenbaar het en daarna deur dIe heilige aartsvaders en profete laat verkondig en deur die offerandes en ander seremonies van die Wet vooraf laat afbeeld het en eindelik deur sy eniggebore Seun vervul het.” Die ryke genadelig van God kom nêrens heerliker tot openbaring as in daardie duistere dag van die sondeval toe die moederbelofte weerklink het deur die parady: "En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt." Hier vind ons die wesenlike elemente van die openbaring van die goddelike genade in Christus op die heerlikste wyse saamgevat. As hierdie eerste Evangelieverkondiging van Godsweê noukeurig ontleed word, dan bemerk ons daarin die bron van alle verdere Evangelie. Van hieruit ontspruit verskillende lyne wat ons deur die hele O.T. kan volg en wat uiteindelik uitloop op die koms van Jesus Christus in die vlees. Ons onderskei die lyn van die afstamming van Christus; die lyn van die lyde van Christus; en die lyn van die heerlikheid van Christus.
a) Die lyn van die afstamming van Christus
In die moederbelofte is sprake van die komende Verlosser as die "saad van die vrou" en reeds met die geboorte van haar eerste seun het Eva verkeerdelik gemeen dit dit die beloofde Verlosser is. AI duideliker sal Gods Woord die geslagslyn van die komende Messias aantoon. By die geboorte van Noag se sy vader: "Dit is hy wat ons sal troos." Met die roeping van Abraham word die kring nog nouer getrek as die Woord van die Here duidelik tot hom kom: “in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word." Daarna word Isak en dan Jakob en dan Juda aangewys as die linie waaruit Christus na die vlees gebore sou word. Treffend en duidelik sien Jakob die sterwende aartsvader, in die geslag van Juda, die koms van Silo, die Christus, aan wie die volke gehoorsaam sal wees. Duidelik is die lyn sigbaar, maar in verskillende profesieë aangekondig word dat die Christus sal voortkom uit die geslag van Dawid. Maria word uiteindelik aangewys as die begenadigde vrou. En dan kom Hyself die "saad van die vrou" op wie die eeue in spanning gewag het. Sien u hoe duidelik is die lyn van die afstamming van Christus vanuit die Paradys?
b) Die lyn van die lyde van Christus
In die moederbelofte is 'n stryd aangekondig, 'n felle, dodelike stryd tussen slangesaad en vrouesaad waarin bloedige wonde geslaan sal word en werklik, die lyde van die Christus was vir die O.T. gelowige geen onbekende saak nie. Dink maar aan die hele seremoniële diens in tabernakel en tempel. Die lyde van die komende Messias ter versoening van sondes word daarin op treffende wyse simbolies afgebeeld. Die altaar van die offerande, die wasvat van die reiniging, die stralende kandelaar, die opstygende wierook, die heerlike priestergewaad, die duisende lammers, die strome en strome van rooi dierebloed, die bok wat na die woestyn gestuur word - dit was een groot aanskoulike prediking van die Evangelie - dit was alles een afskaduing in beeld van wat Christus eenmaal in volle werklikheid sou wees en veral sy lyde kom daarin aan die lig. Van die ontsettende stryd en lyde van die komende Verlosser is ook die profesieë en die Psalms vol. Die Profete en digters sien Hom en kondig Hom aan as die Vernederde, as die Lam van God, as die Man van smarte wat bekend is met krankheid, verag en deur die mense verlaat. Bemerk u die lyn van die lyde van Christus? As Hy kom, dan gaan dit alles in vervulling. Die N.T. is een aangrypende beskrywing daarvan.
c) Die lyn van die heerlikheid van Christus.
In die moederbelofte word reeds die triomf van die vrouesaad oor die satan aangekondig. By die verwagting van Lameg, die profesie van Noag en in die beloftes van Abraham, Isak en Jakob word die triomf geteken as "seën," d.w.s. as die teendeel van die deur die sonde bewerkte vloek. Al helderder word hierdie lyn sodat die Psalms, Jesaja, Jeremia en Esegiël wys op die koms van die grote Koning wat op die troon van Dawid sal sit en wie se heerskappy 'n ewige heerskappy sal wees. Jesaja roem in die komende Koning en noem Hom "Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors." Kan dit treffender en duideliker? Die Lydende Kneg van die Here is ook Oorwinnaar, Triomfator. Die beloftes van God in die Paradys was geen leë beloftes nie. Die lyn van die oorwinningsheerlikheid van die Christus Iê soos 'n goue draad dwarsdeur die O.T. En eindelik kom die vervulling van dit alles in die volheid van die tyd. Na eeue van wag en hoop en profeteer kom Hyself, die grote Christus, die ewige Lig. Die N.T. kondig Hom op elke bladsy aan. Die Evangelie, die blye boodskap, word tot ‘n brief van die Bruidegom aan sy bruid, 'n brief waarin Hyself ons oortuig van sy nooitvolprese liefde, en waarin Hy die rykste beloftes vir ons nagelaat het. Dra dan die brief van u Bruidegom op u hart, o bruid van Christus, en berei u voor vir sy wederkoms op die wolke wanneer u u Bruidegom, u Middelaar, sal kan sien van aangesig tot aangesig.
Amen !
"Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie maar die toorn van God bly op hom.”
Die mensheid, die hele mensheid, konings en vorste, hoogontwikkeldes en fynbeskaafdes, Roomse heillges en Gereformeerde predikante ingesluit, ja, die hele mensheid het deur en in Adam onder die toorn van God gekom. Die kategismus erken op grond van vorige ondersoek dat alle mense deur Adam verdoem is. En Johannes die Doper spreek in ons teksvers van die toorn van God wat op iemand bly as hy die Seun ongehoorsaam is. Daar is egter 'n moontlikheid om uit te kom onder die toorn van God. Ook dit het die kategismus reeds duidelik geleer. Daar is deur God in die Middelaar, Jesus Christus, 'n weg ontsluit om die verdoemenis te ontkom. En ons sou verwag dat die ganse wêreld, ja, die hele verIore mensheid, begerig na redding, die smekende hande na die Middelaar sou uitstrek. Mens sou verwag dat die diepgesonke, ten dode gedoemde wêreld die Middelaar met oop arms sou ontvang, maar instede daarvan sien u hoedat die konings van die aarde en die vorste beraadslaag teen die Here en sy Gesalfde. Hier doem voor ons op 'n verskriklike teenstrydigheid wat ons ondersoek verg. Daarom vra die kategismus ook: "Word aIle mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verdoem is?" U voel hier word 'n besonder belangrike vraag aan die orde gestel. Hier word gehandel oor die ewige weI of wee van die mens, die ewige lewe of blywende toorn van God. Hier moet ons gaan grawe om by die kern te kom en dan kom ons te staan voor die magtige leerstuk van die geloof. Graag wil ons in verband daarmee drie sake aan die orde steI.
Die verkiesing as grondslag van die geloof
Op die vraag of alle mense weer in Christus salig word soos hulIe in Adam geval het, was daar in die loop van die eeue baiekeer bevestigend geantwoord. Dit is die uitgesproke oordeel van elke rigting wat Arminius as vader het. Die Arminianisme of Remonstrantisme waarteen die Dordtse vaders so 'n suiwere standpunt ingeneem het, antwoord op die vraag: Ja, natuurlik, alle mense word in Christus salig. Is God dan nie 'n God van liefde nie? Is Christus se offer dan nie algenoegsaam nie? Nee, Christus pro omnibus (Christus vir almal). Alle mense word salig. Hoe mooi en aanloklik ook hierdie standpunt oor die grootheid van Gods liefde en genade is, nie die mens kan antwoord gee op hierdie allerbelangrikste vraag nie. Alleen God kan dit doen. En Hy het dit gedoen in sy Woord. God voer ons, wat hierdie saak betref, in sy Woord terug tot die ewigheid. God sê aan ons dat Hy in die ewigheid reeds sy gedagtes vasgelê het in 'n plan. Sy voorneme in verband met die wêreld en die mensheid en u ewige weI en wee is vasgelê in sy ewige Raad; dit is opgeteken in sy Boek. In die Boek van die lewe het hy die name opgeteken van hulle wat in Christus ingelyf word, van hulle wat sy weldade aanneem, van hulle wat, soos Johannes die Doper dit stel, in die Seun glo. God sien sommige dus aan in die soenbloed van sy Seun en die ander nie.
Hier is die grondslag van ons geloof: die ewige uitverkiesing van God in Christus Jesus. 'n Geheimenis is dit, 'n ondeurgrondelike misterie.
Ons staan hier as 't ware voor 'n hoë bergkrans waarteen ons in eie krag nie kan opklim nie. Steil en regaf is die bergkrans, hier aan die voorkant, maar weet u, daar agter, agter die rotse in die groen bergvallei hoor ons weI die stroompies klater in duisend stemme en daar sal ons vry kan beweeg. Daarbo is die hoë bergplato waar ons sal kan staan en waar ons oog ver sal kan sien en wyd. God sal ons daar bring al is dit langs 'n ander meer begaanbare weg, al is dit van die kant van die bergvallei. Maar hier waar ons nou nog staan voor die krans, steil en onverbiddelik, hier kan geen Remonstrant of Roomse ons help nie. Hier spreek God aIleen sy onverbiddelike taal: AIle mense word nie salig nie! Daar is sommige op wie die toorn van God bly. Daar is duisende wat wegsterf in hul sonde en die ewige tabernakel nooit sal binnegaan nie. Opvallend is dan ook as die kategismus op die vraag of almal verlos word in Christus moet antwoord, dan is dit kortaf: "nee". Moet dit egter nie interpreteer as 'n juigkreet nie; dit is eerder 'n snik. Daardie "nee" is die korte felle smartkreet van die liefde tot die baie wat die dood liewer het as die lewe. Daardie "nee" spreek die taal van Ps. 95: "Ag, as julIe maar na sy stem wou luister!" Dit verkondig egter ook die steil regaf bergkrans. Ons kan daarteen nie op nie. Maar wat veral opvallend is, is dat die kategismus hom haas om die bergtop van die ander kant af te benader: "Diegene wat deur 'n ware geloof in Christus ingelyf is en al sy weldade aanneem," hulle word salig. Die geloof in Christus was nog nooit 'n steil bergkrans maar dit was 'n begaanbare weg deur die valleie na die bergplato en die hoë rotsrug. En dit is ook heeltemal Skriftuurlik: "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe." Die verkiesing is grondslag van die geloof. So het ook die Dordtse vaders dit in die bekende Leerreëls gestel. Daarmee word die saak van die verkiesing nie aIleen vir ons duidelik nie, maar daardeur word die geloof ook in die eerste plek aan ons voorgehou as 'n gawe van God. Die kategismus spreek dan ook van "ingelyf word." AIle nadruk val op die "word." Die mens dien homself nie aan en dring homself nie op en skryf homself nie in in die lewensboek nie maar hy word ingelyf. God, die Vader, die Almagtige, lyf uit vrye genade mense in in die liggaam van Christus. Jesus spreek self ook in Joh. 6 van "hulle wat die Vader My gegee het." Met ander woorde aIle mensewerk is hier uitgesluit. Daar is maar een wat werk nl. God en hierdie werk is die werk van goddelike alvermoë. Dit het deur God self geskied. Ons sien dit maar deurgrond dit nie. Ons "word ingelyf." Dit is ons onmag. Dit is ons volstrekte onbevoegdheid om mee te spreek in hierdie diepe en hoogsbelangrike saak. O, laat ons dit tog toestem. Geliefdes in die Here, ook die geloof is Gods werk. As u dink aan u eie geloofslewe, aan u deelgenootskap aan die koninkryk van God dan word u altyd weer terugverwys na die God van die verkiesing en die verkiesing van die God wat sondare in Christus uit genade verlos. Dit is die passiewe, die Iydelike kant van die geloof - die geloof is gawe. Maar daar is ook 'n aktiewe kant en dit mag ons ewemin veronagsaam. Die geloof is ook opdrag aan en taak van die mens. Daar is nie aIleen 'n "ingelyf word" maar daar is ook "sy weldade aanneem." Daar is ook 'n stryd wat gestry en 'n wedloop wat geloop moet word. Ons teksvers stel dit ook as 'n taak van die mens: "Hy wat in die Seun glo." En op 'n ander plek: "GIo in die Here Jesus Christus, en jy sal gered word." Hoe moet ons dit verstaan? Aan die een kant sê ons, God gee alles. Aan die ander kant sê ons die mens moet ook verwerf en aanneem en werk en stry. Ons is in onsself onmagtig, dis volkome waar, maar waar is ook wat Johannes in hoofstuk 1 van sy Evangelie reeds aangekondig het: "Almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo." Die onmag word mag. Die onmag om onsself te verlos, word mag om te glo in die verlossing. Dit is die Heilige Gees, so stel die Dordtse LeerreëIs dit weer so uitnemend, wat die verstand so verlig en die hart so vermurwe en die wil so ombuig dat daar nou die wil is om te glo. As Paulus in Fil. 2 die Fillippense toeroep: Werk julle eie heil uit met vrees en bewing," dan laat hy onmiddellik daarop volg die magtige openbaringswoord, wat die gawe van God ontsluier en wat ewigheidslig laat val oor die opdrag: "want dit is God wat in julIle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae." So gesien word die geloof 'n organisese krag in my lewe wat groei en bloei en wat veel vrugte voortbring. So gesien word dit die geweldige dinamiese faktor in my Iewe wat my laat jubel in die sekerheid dat ek aan Christus behoort en Christus aan my.
Kennis en vertroue as wese van die geloof.
Die ware geloof is nie aIleen kennis nie. As dit so was dan het die duiwel ook geloof besit. So 'n geloof wat alleen uit kennis sou bestaan, is kil en koud. Dit redeneer weI maar getuig nie. Dit is liefdeloos en hoogmoedig. Dit is die geloof, van die Fariseër. Aan die ander kant moet die geloof ook nie aIleen 'n saak van vertroue wees nie. Dit sou vervloei in 'n oppervlakkige aandoenlikheid. Nee, die waregeloof neem die ganse mens in beslag met al sy funksies van hoof en hart. Die ware geloof kan nie maar net hier en daar 'n woordjie inkry nie, maar dit het aIles te sê. Daar is geen plan wat ons bedink en geen onderneming wat ons op tou sit en geen woord of, daad in ons lewe of dit moet geskied uit die geloof. Dat die ware geloof in die eerste plek kennis vereis, beteken soos die kategismus dit kostelik stel dat ek aIles vir waaragtig hou wat God in sy Woord geopenbaar het. Dit lyk nie so moeilik nie omdat ons tog as gelowiges Gods Woord as die waarheid aanvaar.
God het die mens goed geskape. Adam het geval. Abraham is uit Ur geroep. Jesus is gebore in Bethlehem. Paulus was in die gevangenis in Rome. Maar dit is nie al nie. In die antwoord van die kategismus Iê ook opgesluit dat ons die objektiewe waarhede van die Skrif, subjektief vir waaragtig hou, d.w.s. in ons weg en werk dit uitlewe! En hoe staan ons daarteenoor as ons kom by die Bergrede? O, weet u, ons aanvaar net wat ons pas, ons skeur hele bladsye uit die Woord van God. Ons moet aIles vir waaragtig hou, met al die liefde van ons hart ken en aanvaar. Maar daar is ook die vertroue: Dit werk die Heilige Gees voortdurend in my hart. Vertroue is dus nie 'n kapitaal waarop ons kan teer nie, maar dit besit die organiese element soos 'n boom wat uit die sap van die aarde groei. Dit Heilige Gees gee die vertroue! Hy rig die struikelende weer op, Hy maak die slap hande sterk; Hy maak die onrustige hart stil. Het u dit al ervaar, daardie voortdurende werking van die Heilige Gees in die hart? O, wat sou ons swakke mensies sonder God die Heilige Gees kan doen? Waar het u die krag vandaan gehaal toe u dierbare ernstig siek was of toe u moes aanskou hoe dat u vrou of man of kind of ouer die vallei van die dood moes ingaan? Wie het u die moed en die stilheid van hart geskenk toe donkere dae u gesinslewe bedreig het? Die ware geloof sê amen op die boodskap dat nie alleen aan andere maar ook aan my vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid van God geskenk is uit loutere genade om Christus ontwil. Dit is hierdie geloof in die hart van Johannes die Doper wat hom ook die kostelike woord van ons teks laat uitspreek het: "Hy wat in die Seun glo, het die ewige, lewe."
3. Skrif en belydenis as inhoud van die geloof.
"Wat is dan vir 'n Christen nodig om te glo?" Met hierdie vraag kom ons te staan voor die baie aktuele saak van die inhoud van die ware geloof en in sy antwoord noem die kategismus die Skrif en die belydenis. Die geloof, so leer die Skrif ons ook, reken met die Woord. Dit sit alle ander oorweginge opsy. Dit is die bron waaruit die geloof gevoed word. As gespreek word van dit wat in die Evangelie beloof word, dan dui dit geensins op 'n beperking nie maar aIleen op die feit dat die sentrale gedagte van die ganse Woord van God die heilsbeloftes in Christus is. Nooit kan dit genoeg beklemtoon word nie: die geloof rig hom op die Woord en die Woord voed die geloof. Maar die ware geloof duld dan ook geen verset teen die gesag van die Woord nie. Dit erken dat die hele Bybel Gods Woord is wat met goddelike gesag tot ons spreek. Ag, hoe het die geleerdes deur die eeue nie gaan knaag aan hierdie belydenisstuk nie? Hoe het hulle nie die gesag van die Skrif probeer ondermyn en dit gaan verlaag tot 'n bundel gewone, menslike, feilbare en gebrekkige geskrifte nie? Ander het weer gaan skif, en keur en alleen sommige gedeeltes in die Bybel gaan proklameer as die Woord van God. So word die gesag van die Skrif verlê vanuit die objektiewe in die subjektiewe, vanuit die Skrif self in die persoonlike geeselike lewe van die mens. Hoe verwaand, of sal ons sê hoe duiwels dat die mens Gods werk wil gaan beoordeel! Nee, die ware geloof buig voor die goddelike, die absolute gesag van die Woord. Wie waaragtig glo, hou die Bybel vir die Woord van God. Wie waaragtig glo, tree buite die kring van die gewone natuur orde en ook buite die kring van klein menslike spekulasies, en gryp God aan, die ewige God wat Homself in sy Woord geopenbaar het. Wie waaragtig glo erken dat die Skrif in sy absolute gesag heers oor die hele mens vir tyd en ewigheid. Hier staan ons in, krygsdiens. Ons hoor die bevel van onse God en Konink weerklink uit sy Woord en daardie bevel Iê beslag op ons hele persoon, ja, self op ons gewete. Maar die kategismus noem ten opsigte van die inhoud van die geloof ook nog die belydenis, die twaalf artikels. En werklik, as ons die Christelike Kerk beskou as 'n leer wat opmars deur die eeue onder aanvoering van hul ewige God en Koning, dan is ons geloofsbelydenis te vergelyk met die banier of die vaandel wat vooraan gaan en wat die inspirasie is. So het die Gereformeerde vaders dit ook bestempel. Bastingius bv. het dit genoem die veldteken van Christelike ridderskap. Vir baie eeue kon die Christelike Kerk reeds voortmasjeer onder die vaandel. Dit word dan ook genoem die apostoliese geloofsbelydenis as aanduiding dat dit in die apostoliese kerk reeds sy oorsprong het en weI in die bekende doopformule. In hierdie twaalf artikels nou is ons geloofsinhoud in hoofsaak saamgetrek. Dit bring egter nie mee dat ons daaraan dieselfde gesag mag toeken as aan die Skrif nie. Die Bybel is Gods Woord, geskrywe deur die Heilige Gees en verg daarom absolute gesag. Die belydenis van die Kerk is en bly mensewerk en dit behoort dus tot 'n ander kategorie as die Skrif. So gesien het die ware gelowige met sy waardeskatting dan ook geen moeite nie. Skrif en belydenis, Woord en dogma dra nie dieselfde gesag nie. Eersgenoemde het goddelike gesag. Laasgenoemde het Kerklike gesag. By die belydenis is hoër beroep op Gods Woord dus toelaatbaar. Dit is nie onfeilbaar nie. Ons mag dus nooit die belydenisskrifte van die Kerk oorskat en verabsoluteer nie. Maar aan die ander kant moet ons ook waak teen onderskatting. Daar is sekere sektariese strominge wat niks met die belydenis te doen wil hê nie en wat alleen sogenaamd wil leef by die Bybel. Ons mag egter nie vergeet nie dat die belydenis die vrug is van die geloofsarbeid van die Kerk van baie eeue. Ons mag nie vergeet nie dat dit gedra word deur die fondament en geput word uit die fontein van die Woord. Ons mag nie vergeet nie dat dit voortgebring is deur die Kerk van Christus wat deur Paulus genoem word 'n pilaar en grondslag van die waarheid. Daarom, gelowiges in Christus, omklem die vaandel met alle krag wat in u is, hef die banier omhoog en leef uit u geloof wat gevoed word deur Skrif en belydenis. Dan is die geloof vir u nie 'n eienaardige voorwerp van stryd en sorg, wat dag na dag, jaar na jaar gekoppel word aan die angsvraag: Besit ek dit weI of word ek weI salig nie. Dan is dit vir u nie 'n rentelose kapitaal waaraan u niks het nie.
Dan is dit geen onvrugbare boom wat nutteloos die aarde beslaan nie. Maar dan is u geloof die organiese, ja, die dinamiese krag in u lewe wat u in voortdurende verbinding stel met die Koning van die konings, die Here van die heerlikheid. Dan is u geloof die anker wat vasIê in die oseaan van die ewige onveranderlike beloftes van God. Dan leef u uit die sekerheid: "Dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin, naamlik ons geloof."
Amen!
"Daar is drie wat getuig in die hemel, die Vader, die Woord, en die Heilige Gees en hierdie drie is een."
Ons teksvers sowel as Sondag 8 van die kategismus skuif voor ons oog die gordyne van die tyd oop en vergun ons 'n blik in die onbegryplike ewigheid voor die grondlegging van die wêreld. Dit handel oor die ewige en drieëeige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Ons moet in die prediking handel oor Hom wat geen oog nog ooit gesien het nie en wat tog op geestelike wyse deur ons geken moet word, van Hom wie se wese verborge is vir die sondige mens, en wat tog homself aan ons geopenbaar het - van Hom wat genoem word die Lig van die wêreld terwyl Hy tog in donkerheid woon. Dit is of ons hier wil terugdeins want ons staan voor 'n ondeurgrondelike misterie. Tog mag ons die geheimenis in die geloof benader, want die geloof is meer 'n aksie van die hart as van die verstand, die liefde aanvaar waar die verstand nog nie kan begryp nie. Werklik die saak aangaande die bestaan van God is 'n saak van die geloof en daardie geloof gee God. Hier pas dit ons om gelowig die woorde van Moses na te stamel wat hy in Psalm 90 : 2 in heilige geesverrukking geuiter het. "Voordat die berge gebore was, en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God." Want dit is by hierdie woorde asof die hand van die Godsman vanuit die lae vlaktes van ons aardse lewe, wat in die teken van die tyd staan, heenwys na die ewige berge. En dit is asof die siel van die gelowige by die nastameling van hierdie woorde omhoog gebeur en ingelei word in die majestueuse stilte van die ewigheid waar die hoë en verhewe God troon. Ons sê dit is 'n saak van die geloof. Ons kan God nie begryp of omvat met ons verstand nie. Hoe sou ons Hom met 'n eindige verstand kan, begryp terwyl die hemel van die hemele die Oneindige nie kan bevat nie. Die heilige engele bedek hul gelaat met hul vlerke as hul in Gods teenwoordigheid verskyn, en hoe sou ons dan van Hom selfs kan spreek met onreine lippe? Ons noem dit dwaas om met 'n, skulp wat op die seestrand Iê, die waters van die oseaan te wil uitskep maar hoe sou ons met ons beperkte vermoëns die hoë God kan deurgrond en begryp? Ons is 'n skaduwee wat verbygly, en Hy is die Ewige. Ons is bowendien sondaars en as sodanig verduister in die verstand. Hy is die Heilige, 'n ewige onbegryplike Wese. Nietemin moet ons Hom leer ken, want geloof is tog ook kennis. En ons kan Hom alleen waarlik leer ken uit sy Woord wat Hy aan ons geopenbaar het. Ons slaan die Skrif oop en laat ons deur God onderrig aangaande Homself. Wie anders sou dit kon doen? En dan erken ons dat die hele Skrif vol is van sy heerlikheid. Oral is sprake van die eenheid en die drieëenheid soos dit op kostelike wyse weerspieël is in ons teksvers. ' "Daar is drie wat getuig in die hemel, die Vader, die Woord en die Heilige Gees en hierdie drie is een."
Twee sake volg uit ons teksvers:
Daar is 'n God in die hemel
Dit is die belydenis van die gelowige. Slegs die geloof kan sê: Daar is 'n God. Bepeinsing en aanhoudende nadenke van filosowe en geleerdes buite die Skrif om kon hulle nie tot God bring nie. Die ongelowige, hoe geleerd ook aI, kan nie sê, wie en wat God is nie. Wêreldse wysheid wat nie uit God is nie, kan God nooit ken nie. Wêreldse wysheid lei eintlik tot ongeloof en die ongeloof tot dwaasheid: In Psalm 14: 1 lees ons: "Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God." Hierdie godloëning is die uiterste, die toppunt van die sonde. Dit is byna ondenkbaar dat so iets bestaan, want Paulus sê dat selfs die heiden die wet van God in sy hart omdra waarvan ons belydenis sê dat dit genoegsaam is om hom aIle verontskuldiging te ontneem. Ja, werklik, hy wat sê: Daar is geen God, hy is 'n dwaas - hy het laer gesink as die duiwels in die hel want hulle weet dat daar 'n God is in die hemel en hulle sidder. En tog vind ons sulke verregaande dwaasheid onder mense wat hulle daarop beroem dat hulle so ontwikkel is dat hulle nie meer aan 'n God glo nie. In hulle waanwysheid vertel hulle u dat die geloof aan 'n persoonlike God bots met die wetenskap, dit bots met die vooruitgang van die tyd, dit rym nie met die ewolusie, die ontwikkelingsleer nie. Watter dwaasheid! Dieselfde dwaasheid sou ons vind by iemand wat op die middag as die son helder skyn hom toesluit in 'n donker kamer en sê: "Daar is geen son nie." Sien so 'n mens dan nie dat alles rondom hom, die natuur, die mens, die gewete getuig van 'n God nie. As daar 'n huis voor hom staan, dan moet hy erken dat daar ook 'n bouer was wat die huis opgerig het. Vir hom geld die woorde wat die Here tot Job gespreek het in die hoofstuk 38: "Gord dan as 'n man jou heupe - dan sal Ek jou ondervra en onderrig jy My. Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het? Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie? Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels? Kan jy jou stem verhef na die wolke, sodat 'n oorvloed van water jou oordek? Kan jy die bliksems uitstuur? Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte? Die watersakke van die hemel. Wie giet dit leeg?" Antwoord op die vrae, o dwaas, jy wat aan geen God glo nie! Aanskou die water, die sneeu, die wind, die sterre, sien jy daarin geen Werkmeester nie? Sien jy nie daarin goddelike kuns en oneindige heerlike wysheid nie? Dink aan die jaargetye, somer en winter, herfs en lente, dag en nag, sien jy nie daarin 'n goddelike regering nie? Dink aan die son - is daar enige mens wat dit vir die eerste keer aan die brand kon steek sodat dit nou daar hang soos 'n gloeiende kool? Job moes uitroep by die aanskouing van dit alles: "Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die Here dit gemaak het nie?" En die gewete van die mens kan jou ook sê dat daar 'n God is. Wat is dit anders wat Kain laat vlug het? Wat het Farao met trane vir Moses laat sê: "Ek het gesondig teen die Here, u God." . Waarom het Judas homself om die lewe gebring na sy verraad? En waarom het die stadhouer Felix bevrees geword? Dit is almal gevalle waar die gewete getuig het dat daar 'n God in die hemel is wat 'n wreker is van die ongeregtigheid. Ja, die dwaas sê in sy hart daar is geen God nie, miskien omdat hy in die waan verkeer dat daar dan ook geen oordeel en geen regter is wat hom sal vonnis en al sy werke sal bring in die gerig nie. Wat 'n voorreg is dit dat ons die openbaring van God self in die Skrif besit!! En wat 'n genade is daar nie in ons hart uitgestort nie, geliefdes, dat u en ek die openbaring gelowig aanneem! Die gelowige Christen redeneer dan ook nie oor die bestaan van sy God nie. Hy het dit nie nodig nie. Hy het sy God gevind. Hy sien Hom. Hy bemin Hom; hy aanbid Hom en verheerlik Hom. Met die geloof het Israel as 'n wonder van wysheid geskitter temidde van die verdwaasde mensheid. Deur hierdie wetenskap was dit 'n unieke volk tussen baie ander volke wat op velerlei gebiede tog Israel se meerderes was. Al spot die ongelowige, en al verwerp hy in sy dwaasheid God, die gelowige buig hom in geloof en vertroue voor sy God neer, en hy aanbid. Maar waaruit weet ons dit? Waaruit leer ons: die drie enige God ken? Die antwoord van die kategismus is: "uit die Woord van God." En in artikel 9 van die geloofsbelydenis lees ons ook: "Die getuienisse van die heilige Skrifte wat ons leer om aan hierdie heilige Drievuldigheid te glo, is in baie plekke van die O.T. beskrywe, wat nie hoef getel te word nie maar aIleen met onderskeid of oordeel uitgekies moet word. In Gen. hoofstuk 1 : 26 - 27 se God: "Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis En God het die mens na sy beeld geskape." Ook in Gen. 3: 22 "Nou het die mens geword soos een van ons." Duidelik blyk hieruit dat daar meer as een Persoon in die godheid is as Hy sê: "Laat ons mense maak na ons beeld," en daarna wys Hy die eenheid aan as Hy sê: "God het geskape." Weliswaar sê Hy nie hoeveel persone daar is nie, maar wat vir ons enigsins duister is in die O.T., is baie duidelik in die Nuwe. Want toe die Seun gedoop is in die Jordaan toe het die Gees neergedaal in die vorm van 'n duif en die Vader se stem is gehoor waar Hy sê: "Dit is my geliefde Seun." Verder is ook die doopbevel vir alle gelowiges in hierdie vorm deur Christus vasgestel: "Doop al die nasies in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees." Ook in die seën wat oor die gemeente uitgespreek word, te vinde in 2 Kor. 13: 13, vind ons dit: "Die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julIe almal" en dan veral ons teksvers: "Daar is drie wat getuig in die hemel: Die Vader, die Woord en die Heilige Gees en hierdie drie is een."
Daar is 'n Drie-Enige God"
"In al hierdie plekke word ons ten volle geleer," so gaan die Nederlandse Geloofsbelydenis voort, "dat daar drie persone is in een Goddelike wese!" Hierdie woorde neem die Christen gelowig aan. En die Christen, u en ek, word ook meer en meer die waarheid oortuig as ons ons rekenskap gee van die verhouding waarin ons tot God staan. Drie vrae styg dan in ons hart op: Die eerste vraag is dit: Van wie hang ons bestaan as skepsele af? Wie het ons in aansyn geroep? Wie staan daar ver bo ons in wie se hand ons soos klei is? Het ons, vanself ontstaan, of is ons geskape sodat daar 'n Kunstenaar is wat weet wat die roersels van ons hart is, omdat Hy dit self geformeer het? Is daar 'n Maker, 'n Skepper wat agter die hele, skepping staan?
Ons teksvers en die kategismus gee die antwoord. Dit is God die Vader, onse Skepper. Ons is geen toevallige, verskynsels op aarde, geen golwe van 'n see wat doelloos op en neer gaan nie, maar ons is die maaksel van sy hand, die ewige en almagtige Skepper wat ook onse Vader is. Daar kom ook 'n tweede vraag op: Ons het deur ons sonde 'n kloof tussen die God en ons hart geskep. Ons is sondare en daarom verwerplik voor die Heilige. Is daar 'n middel om die kloof te oorbrug en weer, tot die Heilige te nader? Die antwoord van ons teks verwys ons andermaal na die ewige wese maar hierdie keer in sonderheid na, God, die Seun, wat ons verlossing teweeg gebring het deur sy bloed. Hierdeur het die God bo ons weer 'n God met ons geword. Maar daar bly nog 'n derde vraag in ons oor: Ons het nie, aIleen nodig 'n God bo ons en 'n God met ons, maar ook 'n God in ons. Dan eers kan die gemeenskap tussen God en mens volkome wees. Die Heilige kan egter nie woon in 'n onreine hart nie, tensy dan dat Hy dit heilig tot sy tempel. Dit geskied, so sê die kategismus, deur God die Heilige Gees. As die Heiligmaker suiwer Hy ons hart van die besmetting van die sonde en herskep dit tot 'n woonstede van God in die Gees. Die Vader, wakende in die hemel, is God bo ons. Die Seun, lewende op die aarde, is Immanuel, God met ons. Die Gees, wonende in ons hart is God in ons. En wie sal sê watter van die drie werkinge van die Enige God die grootste, die luisterrykste, die roemenswaardigste is? Onvergelyklik is die daad van God, die Vader, die Almagtige wat die aarde geskape het. Hy gebied en dit staan daar. Hy spreek en dit is daar. Hoe heerlik is die skepping van die Vader. Geen wonder dat die gesaligdes op die nuwe aarde die skeppingsheerlikheid van die Vader besing: "U, Here, is waardig die heerlikheid en die eer en die krag; want U het alle dinge geskape en deur U is hulle geskape." Sowel in hierdie as in die toekomende lewe is die skepping van die Vader die grote boek waarin Gods kinders lees en waaruit hulle sing, die paleis waarin hulle woon, die tempel waarin hulle kniel. En met diep ontsag kyk die gemeente rond in die wondervolle wêreld en opwaarts na die skitterende sterre en sê met eerbied: Ek glo in God, die Vader, die Almagtige die Skepper van hemel en aarde. Maar daar is ook die werk van die God, die Seun. Waar is die pen wat dit kan beskryf, die tong wat dit kan beroem? Die neerdaling uit die gemeenskap van die Vader, die indaling in 'n kranke, jammervolle, van God vervloekte wêreld. Die wegwerping van eie glorie en die opneming van smaad en kruis.
Die vergadering van wat verlore, die genesing van wat verbreek, die lewendmaking van wat gestorwe is? Die verbreking van die sondekettings, die opening van grafdeure, die verbanning van hellesmarte. Ja, dit is groot, dit is bewonderingswaardig! En dit laat die belydenis oor die lippe vloei: Ek glo in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, onse Here. En dan die derde, die werk van die Heilige Gees. Dit is die uitdraging van die skatte van Christus na die arme, die indra van die lewe in die dode, die toeëining van wat ons in Christus besit, naamlik di afwassing van ons sondes en die, daaglikse vernuwing van ons lewe, totdat ons eiIidelik onder die gemeente van die uitkorenes in die ewige lewe onbevlek gestel sal word. En hier sê die gemeente: Ek glo in die Heilige Gees. Ja, dit word ‘n intieme persoonlike belydenis. Ons het immers nie net te doen met objektiewe waarhede nie, maar ook met lewende kragtige en persoonlike ervaring. Die Vader toon dat Hy ons versorg. Die Seun bewys dat Hy ons was in sy bloed, en die Gees laat ervaar dat Hy in ons woon en ons tot lidmate van Christus wil heilig. Om dieper te dring in die grote verborgenheid van die Drieëenheid baat ons niks. Om kan dit eenvoudig nie begryp nie en daarom sê ons belydenis dat ons moet wag totdat ons die volkome kennis en vrug daarvan sal geniet in die hemel. Dan sal ons siel verbly word deur ‘n heilige en hemelse kennis waarvoor ons nou nog geskik is. Geloof word dan aanskouing. Maar bedink tog, o broeder en suster, hoe u staan ten opsigte van die ewige, heilige en hoogheerlike Wese. Vanweë die sonde is u van nature geneig om God te haat. Lê dan tog die wapens neer in u stryd teen die drieëenige God. Erken Hom as die God wat alles geskep het tot sy eer. Erken Hom as die God wat u verlossing teweeggebring het in Jesus Christus. Erken Hom as die God wat deur sy Heilige Gees u hart bewerk en vernuut. En verbly u in die Here, u God, in die Vader as u Skepper, in die Seun as u Verlosser, in die Heilige Gees as u Heiligmaker, en leer die enige en drieënige God prys vanweë die werke van Sy hande. Aan Hom kom toe die eer en heerlikheid en aanbidding en danksegging tot in ewigheid.
Amen!
"Tog is daar vir ons maar een God, die Vader, uit wie alles is en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom."
Die Apostoliese Geloofsbelydenis of die 12 artikels is meer as eens 'n lied genoem, 'n psalm van blye geloofsverrukking. Heeltemal in ooreenstemming met hierdie waarheid geskied ook die verklaring van die belydenisstuk deur die kategismus. Hier blyk dit weer so duidelik dat die kategismus troosboek wil wees. In die uiteen.setting oor die eerste artikel: "Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die die Skepper van hemel en aarde," moet ons dan ook nie wetenskaplike teorieë verwag oor,die skepping van alle dinge en oor die ewige generasie van die Seun, oor die onderhouding van alle dinge nie, nee, die bedoeling van die kategismus is om die belyer van die Naam van die Vader te troos met 'n heerlike wetenskap. Dit is om in sy hart 'n lofsang te laat ontwaak en oor sy lippe te laat vloei die jubellied van 'n kind wat hom uitermate verheug in sy kindskap.
Dit is in die gewone lewe reeds tragies as ons geen vader meer het nie, d.w.s. as ons hom nie meer het tot wie ons as kind wenend kan gaan met ons gebreekte speelgoed en tot wie ons ook as volwassene kan gaan met ons sorge en ons nood nie. En in geestelike opsig is dit veel erger as ons geen Vader het en erken in ons lewe voor wie ons ons gebroke lewens en geluk kan stel en tot wie ons kan bid om uitkoms nie. Maar omgekeerd, wat 'n ryke wetenskap is dit in die gewone lewe as ons nog 'n vader het. En hoeveel ryker is die geestelike wete: ek het 'n Vader in die hemel. Hy sorg, Hy bewaar, Hy troos en versterk. Dit is hierdie wete waarin die kategismus hom beroem. Ja, beroem. Net soos 'n kind op aarde soms sy beroemde vader in blye verrukking in teenwoordigheid van sy speelmaats kan loof: kyk, dit is nou my 'vader! So moet Gods kinders ook iets van die blye verrukking beleef as dit saam met die kategismus dit wil uitsing: Die ewige Vader van ons Here Jesus Christus, Hy wat alles geskape het, wat ook alles onderhou en regeer deur sy krag - Hy is ook my God, Hy is my Vader! Hierdie aksent van roem en lof ontdek ons ook by Paulus wat teenoor die Korinthiërs die nietigheid van die baie afgode beklemtoon en dan daarteenoor in geloofsblydskap dit as 't ware uitjubel: "Tog is daar vir ons maar een God, die Vader, uit wie alles is en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom."
Ons wil nou dus met u handel oor die Vaderskap van God. Op drie aspekte van die heerlike waarheid laat die kategismus die klem val.
1. Die vaderskap van God ten opsigte van Jesus Christus.
Die vaderskap behoort tot die wese van God. Dit is onafskeidelik aan Hom verbonde. God was altyd Vader gewees en Hy sal dit altyd bly. God kan nie gedink word sonder die gedagte aan sy vaderskap nie. Die kategismus spreek van die ewige Vader. Nie Adam in die paradys is die eerste vader nie en nie Kain as seun van Adam is die eerste seun nie. Ons kennis van vaderskap en kindskap vind dus nie sy oorsprong in die paradys nie. Nee, in die ewigheid reeds was God self Vader gewees, en in die ewigheid reeds was Jesus Christus Seun gewees van die ewige Vader. Die egte, die eintlike, die oorspronklike vaderskap is dus die van God, en die vaderskap onder die mens is maar 'n floue afbeelding van daardie ewige vaderskap. Onbegryplik is dit vir ons menslike verstand as die Skrif sê dat God ewige Vader is en dat Jesus Christus dus van ewigheid af Seun is. Maar so is dit aan ons geopenbaar en die misterie aanvaar ons in die geloof. God het van ewigheid af sy Seun gegenereer. Die Heilige Skrif leer ons dat God voor die skepping van die wêreld nie werkeloos was nie, maar dat Hy ewig werksaam was omdat Hy ewiglik die Seun voortgebring het. Hierdie ewige generasie is veel grootser, ontsagwekkender en heerliker as die skepping van die wêreld en van die mens. Want in die skepping en veral in die mens, laat God sy beeld weI te voorskyn tree; Hy bring daarin iets van sy krag en sy wysheid aan die lig. Maar in die Seun beliggaam God Homself, geheel en aI, Sy volle krag en sy totale wysheid, ja, sy ewige godheid. Dit is dus nie sonder rede dat die kategismus by die behandeling van die vaderskap van God hierdie feit dat Hy die ewige Vader is van Jesus Christus vooropstel nie. Dit is die belangrikste, dit is die fundamentele. Daarop rus immers ook Gods vaderskap ten opsigte van ons mense. Ag, ons is so geneig om vanuit onsself te redeneer. Onsself vorm veelal die sentrum van ons gedagtewêreld, ook as ons dink aan God en aan die vaderskap van God. Ons verbeel ons dat Gods eintlik maar aIleen Vader kan wees omdat ons bereid is om kind te speel. Ons verbeel ons dat Gods vaderllefde alleen maar 'n voorwerp het omdat ons bereid is om in die koesterende strale daar van te staan. Maar, my broeder en suster, niks is verder van die waarheid nie en nêrens kom ons verwaandheid en ons sondige hoogmoed meer aan die lig as wanneer ons so dink of .redeneer nie. Hoe gouer ons besef dat ons nietige aardwurms, werklik nie so veel beteken in onsself nie, hoe beter. Gods eer en majesteit, Gods vaderskap en vaderliefde is nie afhanklik van u en my denke en houding nie. God kan sonder die wêreld, God kan sonder u en my ook weI klaarkom. Al was die hemel en die aarde nie daar nie, al het die engele nie bestaan nie en ook nie die mense nie, dan was God tog net so ryk en volsalig - want in die Seun het Hy alles. Die Seun is die voorwerp van Gods ewige verlustiging. Die Seun is die voorwerp van Gods ewige vaderskap en vaderliefde. God is in die eerste plek dus Vader van ons Here Jesus Christus en eers daarna deur Christus is Hy Vader van die skepping en om Chrlstus ontwil is Hy Vader van u en My.
2. Die vaderskap van God ten opsigte van· sy skepping.
Die gelowige wat in die verhewe roemtaal en lofspraak die vaderskap van sy God wil besing, het nie maar een enkele tema tot sy beskikking deur middel waarvan hy dit kan doen nie. Nee, hier is 'n ryke verskeidenheid. Hy kan dit reeds uitjubel: My Vader is die ewige Vader van ons Here Jsus Christus en nou gaan hy voort "My Vader het hemel en aarde, met alIes wat daarin is, uit niks geskape". "My Vader onderhou en regeer ook nog dit alIes met sy ewige krag en voorsienigheid !" Die woord "vader" in sy rykste, ruimste en volste betekenis dui aan die oorsprong waaruit lewe voortkom. Die benaminge wat ons vir God in die Skrif vind soos "Fontein van die lewe," "Bron," "Wortel," "Alfa," ens. bevestig die waarheid. Vader in sy mees algemene sin beteken ook Skepper. Paulus bely dit ook in ons teksvers: "Tog is daar vir ons maar een God, die Vader, uit wie alles is."
Die gelowige roem dus daarin dat die uitgangspunt, die diepste oorsaak, die wortel, die fontein van aIle dinge, nie in die mens gesoek moet word nie maar in God sy Vader; Hy is Vader ook van geheel die skepping. Daar is geen ander verklaring vir die oorsprong van aIle dinge; daar is geen ander rede vir die ontstaan en bestaan van stof en plant en dier en mens as die ewige God uit wie alles is nie. Hy het die onafsienbare oseane te voorskyn geroep, Hy het die see en die strowe, die aarde en die hemel bevolk met kreature van die mees uiteenlopende aard en karakter. Hy het die miljarde van sterre en planete en komete voortgebring deur die almagtige woord van sy krag. Hy wys die wind en die wolke hulle koers aan. Ag, as ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het - wat moet my bewondering groot wees!! O Here, ons Here, hoe heerlik is u Naam in die ganse skepping !! Sterrekundiges beweer: wat 'n enkele stofdeeltjie is in die stad London, dit is die aarde in die heelal! Hoe groot moet die heelal dan wees ! En hoe groot is God wat aan wêrelde gedink het en dit was daar? Hier is die grondslag van die suiwere Calvinistiese wêreldbeskouing. In die opbou van 'n wêreldbeskouing is dit meestal so, dat die mens uitgaan van die werklikheid van die wêreld om dan eers die werklikheid van dIe Skepper aan te toon; in die belydenis van die Kerk daarenteen, gaan mens eers uit van die werklikheid van God, die Vader van ons Here Jesus Christus, om jou dan daarna te verdiep in die werklikheid van die wêreld en die mens. Geen suiwere wêreldbeskouing sonder 'n suiwerige belydenis aangaande God nie. En ons belydenis stel dit so duidelik: die ewige God het alles uit niks geskape. Uit niks, ja. Hy is onafhanklik van die stof. Elke aardse kunstenaar is gebonde aan sy materiaal waaruit hy iets wil formeer. Maar God skep uilt niks, deur sy magswoord, deur sy ewige Woord die Logos, die Seun. En dit alleen is in die volle sin van die woord skepping. En verder dra Hy en versorg Hy en onderhou Hy ook alles, 'n waarheid wat in die volgende Sondag van dIe kategismus breed uitgewerk word. Hoe groot is onse Vader!! Hoe heerlik is sy Naam en hoe hoog moet ons lofsang nie opklim tot verheerliking van die God nie ! ! Werklik, broeder en suster, wie in alles wat bestaan, die maaksel sien van Gods hande, sien ook in die skepping ‘n magtige orkes wat die lof van die Vader verkondig. Die gefluit van die winde, die gesang van die voëls, die geruis van die opgesweepte golwe van die see die gedonder en geknetter van die wolkgevaarte - dit alles vorm te saam die een groot orkes, en as die mens met sy harp en siter, met sy mond en hart die Here opreg prys, dan verander die hele skepping tot een magtige simfome van glorieuse lofakkoorde tot eer en verheerliking van Hom uit wie alle dinge is. En as die mens verder deur genade leef in die wetenskap dat die wereld van moment tot moment in al sy wisselende gebeurtenisse, in al sy magtige hoogtes en angswekkende dieptes staan onder die vaste leiding van Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus wat hemel en aarde uit niks geskape het, dan het hy rus gevind en dan het hy altyd ‘n hoopvolIe uitsig op die toekoms. God, die Vader laat nie vaar die werke van sy hande nie.
Die Vaderskap van God ten opsigte van die mens.
As die kategismus hom uitspreek oor die vaderskap van God ten opsigte van die mens, dan bereik hierdie lied sy crescendo. Ontroerend is die werklikheid van die vaderskap van God ten opsigte van u en my. Of ontroer dit u nie dat die grote Skepper van alle dinge voor wie se voete die sterre opgaan soos dun stof, onder die mlljoene en miljoene van skepsele, gedink het aan u wat minder is as 'n druppel aan die emmer of as 'n stoffie aan die weegskaal; aan u, in onderskeiding van andere, aan u wat skuldig is en doemwaardig vanweë u sonde - ja, dat Hy gedink het aan u, nie om u te vertree, maar om u te behou, om in heel besonder sin u Vader te wees deur aannemmg tot -kinders deur die bloed van sy eniggebore Seun? Vervul dit u nie met ontroering dat die Skepper en Onderhouer van alle dinge u Vader wil wees, deur u in Christus die kinderreg te skenk, Sy vaderlike liefde u te betoon, aan sy vaderhand u te lei en u bekwaam te maak om eenmaal deel te hê aan die erfenis van die heiliges nie?
Broeder en suster, dit is tog 'n aandoenlike skoutoneel as 'n kind wat ver, eindeloos ver weggedwaal het van die vaderhuis weer tuiskom en dan moet uitvind dat die vader se hart altyd brandende was, ja; dat sy vader altyd aan hom verbind was met onsigbare bande, en dat hy bo verwagting en bo verdienste om die hals geval en gekus word. So was dit met die verlore seun. So is dit met elke verlore seun en dogter in Adam wat in Christus genade ontvang om na die Vader te gaan, ook met u en my. As ons dit eers so gaan sien, dan kry die vaderskap van God vir ons 'n nuwe aksent. Dan sien ons in die vaderskap van God nie maar net die algemene vrymagtige regering kragtens sy almagtige soewereiniteit, waaronder ook die mens moet buig soos 'n slaaf onder sy meester nie, maar ons sien in die vaderskap van God, die intiem persoonlike bewoëndheid, die liefdevolle en die besondere sorgsaamheid van 'n vader oor 'n kind vir wie Hy reeds alles opgeoffer het. Die Vader het Jesus Christus opgeoffer, letterlik opgeoffer om u te behou, om u tot sy kinders te maak. Paulus sê dit ook: "Daar is vir ons maar een God, die Vader, en een Here Jesus Christus deur wie alles is en ons deur Hom." Ja, deur Hom, deur Jesus Christus is ons wat ons is. Deur hom het ons kinders geword en erfgename en kan ons bely: ",ons het maar een God. Ons het 'n Vader." Hierdie vaderskap om Christus ontwil bied die rykste troos en bemoediging wat 'n mensekind in hierdie aardse jammerdal seker kan ontvang. Want by hom wat deur die geloof in Jesus Christus kind geword het van die hemelse Vader, die Vader van Jesus Christus, die Skepper van aIle dinge, by hom verstom die kritiek en die klaaglied, by hom maak die twyfel plek vir heerlike sekerheid en kom daar in aIle omstandighede berusting. Want Vader sorg, Vader voorsien in aIle nooddruf na die liggaam en na die siel. Vader het sy eniggebore Seun gegee en met Hom gee Hy ook aIle dinge. Hy plaas soms weI swaar en smart op my lewensweg; ja, hy beskik soms oor my die kwaad of dinge wat vir my soos kwaad lyk in hierdie jammerdal, maar ook daarmee het Hy 'n verhewe en heerlike doel. Want alIes werk vir my mee ten goede, ja, ten beste. Hier het die kategismusopstellers sekerlik geput uit 'n ander woord van Paulus, nl. uit Rom. 8 waar Paulus besig is om die lyde van die teenwoordige tyd op te weeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word.
Paulus sê: alles werk mee ten goede vir Gods kinders. Die kategismus daal af in besonderhede: selfs die kwaad wat oor my beskik word, werk mee ten goede vir my, Godskind. Die goeie wat Paulus op die oog het, is die heerlikheid wat daar was. Dit is die ewige doel wat die Vader op die oog het vir sy kinders. En op daardie doel stuur God af. Alles werk daartoe mee, alles stu daarheen voort. As hier alleen sprake was van die gedeeltelike goeie, van die betreklike of aardse goeie, dan is hier maar weinig, beloof. As dit slegs aardse herstellinge en aardse vergoeding was wat hier aangebied word, sou ons menigmaal teleurgesteld gewees het. Want baiemaal, u weet dit, bly reeds die aardse herstel en vergoeding uit en nogtans werk dit mee ten beste. Nee, elkeen wat die dieptes van die lewe ondervind het, sal toestem dat daar soms trane op hierdie aarde vloei wat deur al wat die aarde bied, nie gedroog kan word nie. Daar is soms wonde wat op hieride aarde altyd oop en seer sal bly. Daar is verliese wat verliese sal bly indien dit nie meewerk tot 'n hoër wins, ja, tot die hoogste goed nie. Alles werk mee ten goede. Die skynbaar kwade werk mee ten beste. So word ons hele lewe as 't ware uit die duisternis van die aardse bestaan opgehef en 'n hemelse lig val daaroor heen - die lig van ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat alles laat heenstu na sy ewigheids- en heerlikheidsdoel. Ons hele lewe as kinders van die Vader kom so te staan in 'n hemelse perspektief, in 'n ewigheidsperspektief. Ons kleine nietige bestaan is dan per slot van rekening tog nie so nietig as wat ons dink nie. Dit is in Christus van ewigheigds betekenis. En die dinge wat daar in ons lewens gebeur, wat dit ook al mag wees, gaan nie spoorloos by ons verby soos wat 'n skip deur die water gaan sonder om 'n spoor na te laat sodra die rimpeling weggegolf het nie. Nee, elke lewenservaring, ook die skynbaar onverstaanbare dinge, is die druk van die vinger van die hemelse pottebakker waardeur die voorwerp nader aan sy voltooing kom. Het u nie ook behoefte aan die ryke troos van hierdie woord nie, my broeder en suster? Dit is die sekerheid wat u kindskap u bring: alles werk mee ten beste: u trane van droefheid, u rou en lyde, u teleurgestelde verwagtinge vir persoon en huis, u vervloë ideale, u huislike leed en verborge smart oor 'n kind wat teleurstel, alles werk mee ten beste: die swaar en die smart van u volk, die veragting wat dit moes smaak, die stryd vir behoud van taal en kultuur en godsdiens. Die stryd van Gods Kerk op aarde, die hoon en smaad wat dit moet verduur, die opkoms van die antichristelike magte, die suksesse van die Kommunisme - alles werk mee ten goede vir Gods volk. Alles stu heen na die ewige heerlikheid. U Vader gee u daarvoor die sekerheid; Hy kan dit doen; Hy is tog almagtig; Hy wil dit doen; Hy is tog u Vader. En noem my nou maar een wêreldbeskouing, een lewensuitslg wat meer verheffing en tegelyk meer rus gee as hierdie sekerheid. Werklik nou verstom my kritiek en my klaaglied geheel en al! Nou verhef ek my hart opwaarts in die hemel. Daar is Jesus Christus aan die regterhand van Sy Vader. Deur Hom het ek kind geword. En daar is my Vader. Hy is die Almagtige; Hy is die Skepper van hemel en aarde; Hy is so oneindig groot en verhewe, en tog! ! ! Hy het Hom na my neergebuig en my toegefluister: Jy is my Kind ! "
Ek kan dit nou uitsing: "Hy kan en wil en sal in nood selfs as ek sidder vir die dood volkome uitkoms gewe!"
Amen!
Dit lyk werklik of die belydenis van die voorsienigheid van God deur talryke gebeurtenisse van die eeu in die smeltkroes gewerp word. Nie dan wanneer die menselewe soos 'n rustige see daar uitsien sonder heftige branders en skuimende golwe nie, maar dan wanneer die storm in die wêreldsee losgebreek het, wanneer dit bruis en raas en kook op die watervlak — dan betwyfel en ontken die mens die regering van God oor alle dinge. In tye van allesomvattende krisis van chaotiese verwarring en wanhopige lewensgevoel, draai die mens sy rug op God. En veral in sulke tye, soos ons tans ook belewe, is dit die vraag of die Kerk van Jesus Christus nog werklik die moed het om in diepe onskokbare geloof en in 'n grenslose vertroue die voorsienigheid van God te preek. Sal die Kerk nou nog kan spreek van Gods regering oor alle dinge, van sy heilige teenwoordigheid in hierdie wêreld, van sy onbegrensde bestel oor wêreld en lewe, oorlog en vrede, Ooste en Weste, heidene en Jode? En sal die Kerk sy belydenis kan uitspreek met geopende oë en met egte geloof in die hart in die aangesig van sulke skrikwekkende feite wat die ongeloof in die hand werk? Ja, broeder en suster, as Kerk van Jesus Christus bely en getuig ons vandag nog: “Ek glo en aanvaar God se voorsienigheid." En met die geloof in die voorsienigheid van God sien ons as gelowiges dan ook baie meer in die wêreld as ander mense. Agter al wat in hierdie wêreld beweeg, en agter al wat leef, agter al wat smart gee en agter al wat vreugde verskaf, sien die gelowige God. Ja, hy sien Horn die Almagtige Skepper van hemel en aarde. Hy sien vandag ook in hierdie uiteengeslane wêreld, die werke van die Here en dit is baie groot. Drie sake wens ek met u te behandel:
1. Wat verstaan ons oor die voorsiening?
Hoe die voorsienigheid van God ons lewens beïnvloed, m.a.w. die vrugte daarvan. 1. Wat verstaan ons onder die voorsienigheid van God? Ons glo in die ewige waaragtige God wat alle dinge dra deur die woord van sy krag. Die kategismus stel dit so duidelik: Die voorsienigheid is die almagtige en alomteenwoordige Krag van God waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsele met sy hand onderhou en regeer. Onderhou en regeer, ja. Dit lê ook voor die hand. Nadat alles deur die skepping tot stand gekom het, moes alles ook in stand gehou word, of soos die teksvers sê “gedra word," met die betekenis van voortdurende aandag. Die horlosiemaker lewer sy kunstige meganisme in so 'n staat af dat dit deur die staalveer wat daarin is vanself loop as die opgewen is. So ‘n onafhanklike bestaan het God nie aan sy skepping geskenk nie. Die skepping bly nie in stand nie, maar Hy hou dit in stand. God het sy skepping van die eerste oomblik af met sy moëndheid vasgehou en Hy dra dit nog steeds in sy almagtige Hand. Opvallend is dit dat in hierdie Sondagsafdeeling tot drie maal van Gods hand gespreek word. Dit dui baie duidelik op die onderhouding van alle dinge. God hou die skepsele deur sy almagtige en alomteenwoordige krag in stand. Hulle wandel almal willens of onwillens aan die leiband van God, en skrei voort na die doel wat Hy in sy Raad bepaal het. Dit is ‘n gedagte wat tot groot kalmte stem dat ons nie aan 'n grillige toeval oorgelewer is nie, maar dat alles onder Gods wyse en heilige bestuur en regering staan, sodat daar niks gebeur nie of sy hand kan daarin bespeur word. Niks geskied by toeval nie, al hoor ons dit nog daagliks uit die mond van baie Christene. Nee, God hou die koesterende sonstrale en die reënsware wolke en die dou van die hemel in sy besturende hand; lower en gras, reën en droogte, vrugbare en onvrugbare jare, spys en drank — dit hang alles van sy regering af. Skepping en voorsienigheid staan in onlosmaaklike verband met mekaar. Maar ook die herskepping en voorsienigheid het verband. Die onderhouding en regering van die, gevloekte aarde en mensheid kan ons nooit verstaan as ons dit nie stel in die lig van die koms van Jesus Christus nie. Wie buite Christus om wil rus vind in 'n voorsienigheidsgeloof, sal in wanhoop verval. Wie buite Christus om die hand van God in alles wil sien, sal dit nooit as 'n “Vaderlike hand" kan aanskou nie. Wie buite Christus om die verbysterende in die wêreldgebeure wil deurgrond, sal in vertwyfeling beland. Nee, die voorsienigheid van God en die herskepping staan in noue verband met mekaar. Want God het langs die eerste Adam die tweede Adam gestel. Onmiddellik na die sondeval het gevolg die reddende genade van God in Christus Jesus. In en deur Horn stel God Horn weer in gemeenskap met die gevalle mensheid. In en deur Jesus Christus word die aarde en die mensheid weer die voorwerp van God se verlustiging.
En deur Christus dra God alle dinge. Opvallend dat in ons teksvers sprake is van Jesus Christus. Die skrywer van die Hebreërbrief het dit in die hoofstuk oor die voortreflikheid van die Christus van God. Van Horn word daar gesê: “Hy dra alle dinge deur die woord van sy krag." Ons geloof in die voorsienigheid van God is dus ook Christelike geloof. Christus vorm ook daarvan die middelpunt. In en deur Christus het God die Almagtige vir ons God die Vader geword en het sy voorsienige hand 'n Vaderhand geword. Dit gee rus, nie waar nie broeder en suster?
2. Waaroor die voorsienigheid alles gaan.
Dit blyk uit die voorgaande dat die voorsienigheid oor alles gaan. Daar kan niks aan onttrek word nie — geen engel in die hemel, geen fladderende voëltjie, geen gedagte van ons hoof, geen enkele sug van ons hart nie. In die taal van ons kategismus gespreek, gaan dit oor hemel en aarde en al die skepsele en kom alle dinge uit sy vaderlike hand ons toe. Ons teksvers sê ook baie uitdruklik: “God dra alle dinge deur die Woord van Sy krag." Ons kan niks buitesluit nie en sê: “Hier is nou die grens van God se voorsienige bestel." Ons bespeur in alles sy besturende hand. Dit werk dus nie slegs in die skokkende wêreld-gebeurtenisse nie, nie slegs in die opkoms van koninkryke en die val van vorstetrone nie, nie slegs in aardbewegings en oordele of in stormwind en vuur nie, maar ook in die gesuis van die sagte stilte, in die alledaagse gang van die lewe. Ons geboorte- en sterfuur is gewis in sy mag, maar die hare van ons hoof is ook deur Horn getel. Die pyl wat die man uit die boog laat vlieg, word netso deur Horn gelei soos die bliksem wat in grillige spronge deur die hemel flits. Ja, die kleinste dingetjie ontgaan nie sy aandag en wil nie.
Want wie maak ten slotte uit wat gewigtig en groot is en wat klein en van minder betekenis is. Die grote is vir God klein en die kleine vir Horn groot. Wie die Bybel ken, weet dat die wêreldgeskiedenis soms op die punt van 'n naald rus. Selfs die sogenaamde vrye dade van die mens gaan nie buite Gods voorsienigheid om nie. Die mens wil maar God beskik. Ons denke, ons besinning, ons bepeinsing, ons doen dit seker met inspanning van al ons geesteskrag, maar God het daarvan die innerlike leiding in sy hand. Soos die landbouer die waters na sy goeddunke oor die akker lei, so wend en keer God ook die stroom van ons gedagtes na sy welbehae. Reiser Augustus vaardig 'n bevel uit dat die hele wêreld ingeskryf moet word — dit is 'n vrye daad van homself — maar van agter blyk dit dat die eintlike bevel van die Koning van die konings en die Here van die here uitgegaan het. Die broers van Josef verkoop horn aan 'n karavaan wat na Egipte trek — dis 'n vrye daad van die broers — maar Hy wat in die hemel sit, weet dat so sy Raad en wil met Josef en met sy volk vervul word. Die voorsienigheid van God maak die mens dus nie tot 'n stok en 'n blok nie. Nee die verantwoordelikheid van die mens moet daarnaas ten volle gehandhaaf word. Ons vaders het gespreek van die concursus, die medewerking. Die mens word deur God as instrument gebruik. Die vraag kom nou nog net ten slotte op: Hoe staan ons teenoor die voorsienigheid van God in die praktyk van die lewe? Hoe dink ons daaroor en hoe praat ons daaroor? Ag, mens huiwer om dit te sê, maar ek dink dat ons hierin al eg wêrelds is. Ons het al so veroppervlakkig en verwêreldlik in ons lewens- en wêreldbeskouing dat ons dit te oordrewe vind om Gods hand in alles te sien. Ja, ons dink en spreek nog daaroor as daar donkere wolke van oordeel oor die wêreld hang of as die dood een van ons dierbares weggeneem het of as ons die sil-werjubileum van ons huwelik vier. Maar al die ander dinge en veral al die klein dingetjies en die gewone dinge van die lewe — om daarin altyd aan God te dink!! Dit kan tog nie. Wie dink nou aan God as hy in 'n motorkar sit wat een stuk meganiek is, produk van mensehande, of wanneer hy sy kantoordeur streng volgens elke dag se roetine, oopsluit, of as hy die badkamer se kraan oopdraai? Hoe kan Paulus selfs nog eet en drink hierin betrek? O, my broeder en suster, dit is so gevaarlik as ons so weg van God af lewe in ons alledaagse bestaan. Weldra sien ons dan ook nie meer sy hand in die groot en buitengewone dinge wat die kategismus nie eers noem nie: in die storms en pestilensies, in die oorloë en hongersnode, in die aardbewings en rewolusies. U weet hoe dit ook in ons eeu gaan met die hooggeroemde Christendom van die Weste. Toe die oorlog gekom het en die verwoesting en die chaos, toe was oog en hart gevestig op oorlogstuig en mannekrag; op tegniese vermoëns, op strategie en taktiek, maar wie van die grotes en wie van die gewone burgers het nog gedink aan Gods hand? Ek dink as God soos onder die ou verbond deur 'n profeet 'n woord moet spreek tot die westerse beskawing, dan sou Hy tot ons gesê het: “Ek het dit teen julle dat julle my hand nie meer erken in julle lewe nie. Julle sien my nie meer raak as Koning van die konings wat alles onderhou en regeer nie. Julle het My, die ewige God uitgeskakel uit julle alledaagse bestaan." Van die ware gelowige word egter nog meer verwag. Nie alleen moet ons Gods hand sien in alles nie maar ook moet ons Gods hand en Gods handdruk voel in alle dinge. Dit kos miskien nie soveel geloofskrag om van Gods vaderhand te spreek wanneer daar lig gesaai is op ons pad nie, wanneer daar gesondheid, rykdom, vrugbare jare is nie. . . Baie moeiliker is dit egter as die nagsy van die lewe kom: die krankheid, die armoede, die onvrugbare jare. Om dan ook te sê soos die kategimsus: al hierdie dinge kom nie by toeval nie maar uit sy vaderhand ons toe!! Armoede uit Gods vaderhand! Siekte en tee-spoed uit Gods vaderhand!! Trane en rou uit Gods vaderhand! Om dan ook die warme handdruk van die Vader te voel en Hom te hoor sê: “My Kind, Ek vergeet jou nie, neem al die swaar en smart uit my Vaderhand aan as 'n teken van my liefde". O, dit kan die natuurlike mens nie doen nie. Dit kan alleen deur die geloof geskied. Dit is alleen die opregte gelowige wat die belydenis ook kan belewe. Daar gebeur so ontstellend veel in hierdie wrede wêreld, veel meer as wat enige een van ons besef. Die verskrikkinge van die gode-vyandige magte sal in die toekoms self nog toeneem en dit sal blyk watter groot mag die satan, onder die toelating van God, kan ontwikkel. Maar een ding is seker. Daar is 'n God in die hemel wat die uitvoering van sy Raad gelê het in die hand van sy Seun Jesus Christus en Hy dra alle dinge deur die Woord van sy Krag.
3. Hoe voorsienigheid van God ons lewens beïnvloed, m,a.w. die vrugte daarvan.
Die kategismus as die troosboek vir die gelowige stel herhaaldelik die vraag as dit een of ander leerstuk behandel bet: Wat baat dit jou of watter nut is daarin geleë dat jy hierdie of daardie waarheid bely. Ook hier waar die voorsienigheid van God aan die orde was, is dit nou die vraag: wat baat dit jou? Ons moet dus ook met hierdie waarheid iets doen. Dit moet iets beteken vir die praktyk van ons lewe. As dit vir ons geen waarde het nie, dan is dit smakeloos en kan dit maar weggewerp word. Die vraag is dus: is die belydenis van die voorsienigheid, die belydenis van Gods regering oor en Gods onderhouding van alle dinge vir u iets werd? Broeder en suster, leef u daarby? Put u troos en krag daaruit? Is al die voordele werklikheid in u lewe? Of is dit alleen maar 'n muurteks in u slaapkamer: “God dra alle dinge deur die woord van Sy krag," of “Alles werk mee ten goede," of “As God vir ons is, wie kan teen ons wees? " Laat ons sien hoe dit u lewens beïnvloed. Onvergelyklik is die antwoord van die kategismus op die vraag:
Geduldig in teëspoed.
Wat 'n veelomvattende woord? Solank ons die weg van die voorsienigheid van God nog nie ken en aanvaar as die weg waarin vir ons alles ten goede meewerk nie, staan ons vreemd teenoor hierdie seën van die lydsaamheid. Ons verstaan dan nog nie die beeld van die skaap wat stom is voor sy skeerders nie. Ons verstaan dan nog nie die eerbiedige swye van Aaron onder die snerpende slae van die roede, maar ons vervul dan nog die oor van God met ons ongeduldige klagte. As ons egter weet dat in die hoogte van die hemele 'n God woon van wie altyd bely kan word: die Here sal voorsien, dan word ons offeraars — offeraars wat ons die dierbaarste wat ons besit, nie laat ontroof nie, maar dit met eie hand na die altaar bring. Van elke verlies maak ons dan 'n offer. By elke smart bou ons dan 'n altaar. Aan God gee ons dan wat Hy neem. Die ware geduld sien in al die teëspoede Gods vaderhand, wat alles ten beste bestuur. Rom. 8:28. En hierdie egte christelike geduld bring heilige aktiwiteit mee. Ons sleep dan nie meer ons kruis agter ons aan nie maar ons dra dit — vrolik en bly — nie omdat dit nou eenmaal nie anders kan nie, maar omdat God dit nie anders wil nie en omdat God in die teëspoed ook so onuitspreeklik goed is. Om geduldig te wees, beteken dus baie meer as om maar net te swyg. Agter die swye kan daar nog soveel opstandigheid wees. Nee, die ware geduld bring tot roemtaal en tot lofsange in die nag. Ken u die leerskool van die lyde, my broeder en suster? En wat het u daarin geleer? Gehoorsaamheid? geduld? lydsaamheid? volharding? As dit so is, weet dan dat Gods naam daarin verheerlik is. Hy sal u ook eenmaal toon dat die lyde van die teenwoordige tyd nie op te weeg is teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
In voorspoed dankbaar!
Sommige beweer dat dit eenvoudig is, veel eenvoudiger as om in teëspoed geduldig te wees, maar dink u nie dit gaan met die dankbaarheid by ons Christene soos met die onvrugbare vyeboom: die tuinier kom elke jaar vrug daaraan soek maar hy vind dit nie. Of gaan dit daarmee soos met die tien melaatses wat genees is en waarvan maar een teruggekom het om God te dank? Miskien is een uit die tien glad te hoog gestel. Want u moet ook weet wat die dankbaarheid inhou. Dit is nie maar 'n gevoelige opwelling as ons bemerk dat God sy seëninge oor ons uitstort sodat ons skuit byna sink vanweë die oorvloedige visvangs nie; dit is nie maar 'n stemming van erkentlikheid nie. Nee, dankbaarheid beteken veel meer. Dit is nie net gedagtes of woorde nie. Wat "hier verlang word is 'n hele lewenshouding, 'n positiwe lewenshouding waarin die Naam van God erken en verheerlik word. Die vernaamste is dan nie die dankbare woord of die dankbare daad nie maar die dankbare mens. Om waarlik dankbaar te wees beteken die offer van die ganse persoonlikheid, ja die hele mens. As die kategismus later met die leer van die dankbaarheid begin, dan behandel dit die eerste die saak van bekering. Bekering het te doen met die afsterwe van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens. Die hele mens is daarin betrokke. Nie sonder rede nie. En daarna word gehandel oor die gebooie van die Here en oor die vervulling daarvan. Ja, dit is eintlik dankbaarbeid.
Deur te dank bring ons weer die seëninge waarmee die Here ons bekroon het aan Hom terug tot sy eer. Dankbaarheid is offerande en dit is gehoorsaamheid aan die God wat oorvloedig gee sonder om ooit te verwyt. Welgeluksalig is dan ook die mens wat in sy voorspoed met sy gevulde hande die eerste na sy God snel en in verleentheid uitroep: “Wat kan ek die Heer vir al sy guns vergeld? Wat kan 'k Hom bring uit dank vir sy genade? "
Vaste vertroue!
Maar die kategismus stel nog 'n derde vrug wat daar volg op die belydenis van die voorsienigheid van God. En dit is dat ons in die toekoms 'n vaste vertroue op God het. Geen skepsel sal ons van sy liefde skei nie aangesien alle skepsele so in sy hand is dat hulle teen sy wil hulle nie kan roer of beweeg nie. Die geloof in die voorsienigheid van God maak ons dus rustig en kalm. Hier is nie maar slegs sprake van optimisme nie, — o nee, dit is veels te goedkoop want dit is maar weer 'n ,,isme", dit is maar weer op sy beste 'n wêreldbeskouing — maar hier is sprake van 'n vaste vertroue, 'n diepgewortelde hoop dus. Dit is nie maar 'n vae begeerte na goeie kanse nie, maar dit is vas, dit is gevestig in God, die deur en deur vertroubare God. En verder die hoop, ons koester dit nie maar nie, maar ons het dit. Dit is ons onvervreembare besit — dit is die onaantasbare in ons lewe. Voor ons lê die onbekende toekoms en daar kan in die toekoms so ontstellend veel gebeur. Die Bybel self laat ons hieromtrent nie in die onsekere nie. Die komende tye word nie aan ons geteken as dae van sonnige vreugde nie — veleer as donker nagte. Maar wie waaragtig aan Gods voorsienigheid glo, hy gaan die donkere toekoms tegemoet en hy sê: “wat daar ookal gebeur, niks sal my skei van sy liefde nie. Veel kan ons ontneem word, maar nie die liefde van God in Christus nie. Daar kan geen skepsel ooit tussenin kom nie. Die band kan nooit deurgesny word nie, inteendeel, die band word al nouer gebind, totdat ons eenmaal altyd by die Here sal wees, Hom sal sien en voortdurend ongestoord van sy liefde sal kan geniet. Hier vind ons dus die bron van ons vertroue: “Sy liefde, sy liefde bly in nood en dood vir ons, sy volk, oneindig groot."
Laat ons dan tog lewe volgens ons belydenis, geliefdes in die Here. Laat ons lewe soos geduldige, dankbare vertrouende christene, mense wat lewe met God in Christus. Temidde van die so gejaagde lewe, temidde van die onrus wat daar in die wêreld heers, temidde van die duisende vrae wat uit die nood van hierdie aardse bestaan opstyg, is die gelowige Christen rustig en kalm. U weet in die hemel is u Vader. As u kyk na die voëls van die hemel weet u: die hemelse Vader voed hulle. As u kyk na die lelies van die veld wat groter heerlikhied as Salomo besit, weet u die hemelse Vader beklee hulle met die heerlikheid. En gaan Gods kinders in Christus die voëls en die lelies dan nie ver te bowe nie?
Amen !
Terug na tuisbladsy